Beurtkrag Maandag ʼn moontlikheid

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat die kragnetwerk moontlik Maandagaand tydens piektyd onder druk sal wees.

Volgens Eskom is die kans dat daar Maandag deur die dag beurtkrag toegepas sal word kleiner, aangesien daar voldoende opwekkingskapasiteit is om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen. “Die kragnetwerk sal egter moontlik tydens spitstyd (17:00-21:00) onder druk wees weens ‘n toename in die vraag na elektrisiteit.”

Eskom het Saterdag en Sondag fase 2-beurtkrag toegepas. Die kragvoorsiener het ‘n beroep op gebruikers gedoen om energie-doeltreffende maniere te oorweeg om warm te bly.

“In die winter is daar ʼn verhoogde vraag na elektrisiteit tydens spitstye soggens en saans aangesien meer elektrisiteit in hierdie tye gebruik word. Ons doen ‘n beroep op al ons kliënte om voort te gaan om hul elektrisiteitsverbruik deur die dag te verminder en om meer te probeer spaar spaar gedurende die piektye van 06:00 tot 10:00 en 17:00 tot 21:00.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

scalla ·

Nou as eskom presies weet hoe en wanneer kragverbruik plaasvind is dit mos logies om voorsiening te maak vir die vraag na elektisiteit op sekere tye, dit kan mos nie so moelike berekening wees nie, dit is tyd dat die bodemlose put geprivatiseer word.

Ria van Aswegen ·

Nou se hulle vanaand maar vanoggend van 5uur tot 7.45 was die krag af in Hekpoort. Hoe dan nou. Moet ons dan dubbel beurtkrag geniet. Ek wat vroeg opstaan en die nodig doen om niedeur die dag krag te gebruik nie moet nou ook boet en vanaand sal die krag seker weer af wees. Ons het oor JARE krag betaal en nooit sulke probleme gehad nie. Ons het oor die jare belasting betaal sodat al wat n nedersetting en die REGERING krag kan gebruik na wille keur. Die tariewe word opgesit vir ons wat die amper nie meer kan bekostig nie maar elke Jan Rap en sy maat met n titel betaal nie daarvoor nie en wat van die wat krag steel nie dat die hoe amptenare letterlik krag steel met toestemming.

Bruno Stef ·

Ai tog het die hele pas afgelope naweek dan nie die nodige gewensde uitwerking gehad soos die doel was om gedurende die naweek dan genoeg wisselstroom op te pot vir gebruik vir die week se aanvraag nie.Eksdom ek kan dit ook nie help nie ek vra maar net.

Gerhard Bezuidenhout ·

Hulle lieg en bedrieg. Die regering het pas n reddingsboei van R60 miljard na hul uitgegooi maar hulle soek steeds n enorme tariefverhoging en dreig ons met meet kragonderbrekings indien daar nie aan hul eise toegegee word nie. Ek stem saam , privatiseer vir Eskom en jaag die onbevoegte kaders weg en kry die mense wat deur BEE beleid weggewerk is terug sodat die job kan loop.

Loeis ·

Eish! Maar hoe gaan hulle dan die soustrein ry? Ou Brian Dames het ‘n miljoen ‘n maand verdien vir sy “voortreflike” werk. Nou wonder mens hoe sy opvolger doen? En al die ander. Natuurlik moet jy daarvoor betaal! Hoe is jou kop dan nou?

scalla ·

Ek verstaan Eksdom gaan nou van volgende maand fase 5 instel, hul stuur amptenare na jou huis om die kerse dood te blaas.

Elize ·

As hul net by hul sogenaamde tye wil bly wat mens op die internet kry sal dit ook al help.

Hannes ·

Hoekom moet ons altyd na die tyd hoor van die “Loadshedding”? En hoekom word net sekere gebiede se krag afgesit? Bv in Mosselbaai kry die Swart gebiede geen beurtkrag nie laat n mens wonder is dit nou nie n andervorm van diskriminasie nie……Eish!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.