Beurtkrag Maandag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat daar Maandag beurtkrag toegepas sal word.

“Dit spyt Eskom om aan te kondig dat Fase 2-beurtkrag van 16:00 tot 22:00 vandag [Maandag] toegepas sal word,” het die kragvoorsiener op sosiale media gesê. Eskom moes drie keer die afgelope week beurtkrag toepas weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang, kan die beurtkragskedule hier sien. Gebruikers wat deur hul munisipaliteit elektrisiteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daleen ·

Ons as verbruiker moet net aanvaar. Ek lewer my deel heeldag terwyl ek by die werk is. Moet na n harde dag teruggaan na n plek sonder elektisiteit en kibders moet leer. Drie maak verlede week plus reen het gesorg dat menigte hul deel gegee het deur nie krag te gebruik nie. The people in high places kry nooit beurtkrag nie. Wat van n klein bietjie konsiderasie. Sit dit af deur die dag! Ja die munisipaliteite se kantoorligte brand saans. Die besighede is die nie-betalers en die huishoudings ly daaronder. Ons liewe land sit op n landmyn van bedrog en geen visie

Gerhard Bezuidenhout ·

Daleen my hart gaan uit na julle werkende mammas wat die gemors moet hanteer. Dit wil voorkom asof Eskom in die volgende 21 jaar steeds nie uit sy onvermoe sal kan ontsnap nie want dan sal die kundiges wat tans nog daarbuite is nie meer beskikbaar wees nie. Indien ek in beheer van Eskom sou wees sou ek dadelik soveel moontlik van die kundiges weer aangestel het om die probleem op te los ,maar vertel dit nou vir n kader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.