Beurtkrag Maandagaand moontlik

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandagoggend gesê die kragnetwerk is stabiel en daarom kan instandhoudingswerk by kragstasies gedoen word sonder dat beurtkrag toegepas hoef te word.

“Weens die verhoging in die vraag na elektrisiteit in die aande en kragstasies waar instandhouding gedoen word, sal die kragnetwerk na verwagting tussen 17:00 en 21:00 onder druk wees,” het die kragvoorsiener gesê. Dit verhoog die moontlikheid dat beurtkrag die aand toegepas sal word.

Eskom het ʼn beroep op kraggebruikers gedoen om krag sover as moontlik bespaar en energie-doeltreffende maniere te gebruik om warm te bly.

“In die winter is die vraag na elektrisiteit veral soggens en saans hoër. Ons doen daarom ʼn beroep op gebruikers om dwarsdeur die dag elektrisiteit te bespaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

‘Gebruikers’ of ‘verbruikers’ ?
‘n Motor, gereedskap ens. word ‘gebruik’.
Elektrisiteit, kruideniersware. brandstof ens. word verbruik (om tot niet te maak).

Peet Schabort ·

Christa, daar is al voorheen melding gemaak op Maroela dat jongmense ook hier lees en (dalk) nie van beter weet. Dit is vir hulle EN VIR MY om BETER AFRIKAANS te leer. Ek is nie van plan om ‘n ieder en ‘n elk en ‘n inkelte aan te vat wat kommentaar lewer oor hulle spelfoute maar definitief die nuusberig se skrywe.
Die sepies is egter ook dodelik oor hul geradbraakte taalgebruik. Snedigheid en die trant van opinie lewer sal ons egter nêrens bring.

Dave ·

Dankie vir jou verduideliking Peet. Vir my is dit interessant want ek het nie werklik die verskil tussen die twee woorde geken.

Peet Schabort ·

Dankie Dave maar more ( môre ) help jy my weer reg.
Dit gaan oor beter taalgebruik.

Manie ·

Dit lyk my Eskom het net 2 mense wat instandhouding doen. Hulle kry nooit klaar nie.

CHRISTA ·

Nee Manie, hulle het geslaap op die ‘job’ – nou neem dit jarre (Peet dit staan eintlik vir jare) langer om Eskom aan die gang te hou!!

Johann Marx ·

Beurt-land. Raak gewoond. As jy nie elektrisiteit het nie, was dit nie jou beurt om krag te hê nie. As jy nie water het nie was dit nie jou beurt om water te hê nie. As jou asblik na ‘n week nog voor jou hek staan, was dit nie jou beurt om jou vullis te laat verwyder nie. As Vodacom se sein wegraak, was dit nie jou beurt om klaar te praat nie. Maar as die ANC se geldjies min raak, en hulle soek nog….en kragtariewe gaan op met 25%, erfbelasting op met 25%, brandstof op met 25%, tolpaaie op met 25%, inkomste belasting op met 25%, BTW op met 25%……DAN’S DIT JOU BEURT OM TE BETAAL!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.