Beurtkrag Maandagaand moontlik

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het gesê hoewel daar nie vroeg Maandag beurtkrag toegepas is nie, sal die moontlikheid daarvan toeneem tydens die aandpiektyd.

“Daar is tans nie beurtkrag nie aangesien Eskom genoeg opwekkingsvermoë het om in die vraag na elektrisiteit te voldoen,” het die kragvoorsiener gesê.

Eskom het egter gesê die kragnetwerk sal na verwagting tydens die aandpiektyd onder druk wees en dan is beurtkrag ʼn moontlikheid weens ʼn toename in die vraag na elektrisiteit. “Aangesien ons tans koue weer oor die hele land ervaar, doen ons ʼn beroep op verbruikers om energiedoeltreffende maniere te oorweeg om warm te bly.”

Volgens Eskom word daar tydens die oggend- en aandpiektye meer elektrisiteit verbruik. “Ons doen ʼn beroep op al ons kliënte om voort te gaan om hul elektrisiteitsverbruik tydens die dag te verminder en meer te spaar tydens piektye tussen 06:00 en 10:00 en 17:00 en 21:00.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

zahn ·

Sal Eskom sb die voorbeeld stel en hul top bestuur onmiddelik afdank, want die spul sotte kan nie hul werk doen nie. Tot dan sal ek elektrisiteit gebruik soos ‘n volwassene, en nie een van hul volgelinge nie. Ek is grootgemaak in dei kultuur van verantwoordelik wees, so hulle hoef nie vor my deur te kom vee nie. Dis skoon daar, dankie.

Francois ·

Se my net EEN ding? Wanneer O WANNEER gaan Madupi op lyn kom…lyk my hulle sloer aspris met die bouwerk om NOG meer geld uit ons te wurg…Hoekom eens aangaan met de bou van die ding, hy gaan NOOIT klaarkom nie?!

Francois ·

Lyk my alles met ‘n “OM” aan die einde is ‘n bogger op, Eskom, Telkom, Freedom….

Ghost ·

Eskom is pateties. Skeer nie almal onder die selfde kam nie. Daar is soveel gebiede wat nie ‘load shedding’ kry nie. En dit is nie omdat hulle min krag gebruik nie. Dit is waar die Ministers, hoë koppe van Eskom ens bly. Hoekom kan julle nie vir almla ‘load shedding’ gee nie. En gaan kry bietjie julle geld by daai wat nie wil betaal nie en alles verniet wil he. Dan sal julle ook nie n verhoging in krag hoef toe te pas nie.

Jacolene ·

Ek kan nou weer net nie verstaan hòèkom Eskom juis ‘n skedule beskikbaar maak aan die publiek nie. Hul hou nooit by die skedule nie. Mens maak mos voorbereidings volgens die skedule……maar dan gebeur daar niks of dit gebeur wanneer hul daarna voel

CHRISTA ·

Kan Maroela nie op sy nuusblad ‘n plek maak waar lesers kan meld van straatligte van HEELDAG brand nie? Vandag het die helfte van Edenvale (Ekurhuleni) se straatligte helder oor dag gebrand!!! Dalk moet Eskom van Ekurhuleni krag aankoop. Dit lyk my hulle het te veel!!!

ig ·

Stem saam met Christa,ek was n paar keer in Vaaloewer’n woondeel so 30 vanaf Vanderbijlpark af die laaste 2 weke en die held Visarend straat se ligte brand dag en nag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.