Beurtkrag Maandagaand ʼn moontlikheid

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandagoggend gesê dat geen beurtkrag vir die dag beplan word nie.

“Die kragnetwerk is tans stabiel, wat Eskom in staat stel om instandhoudingswerk te doen sonder om beurtkrag toe te pas,” het die kragvoorsiener gesê. Eskom het egter gewaarsku dat ʼn toename in die vraag na elektrisiteit sal veroorsaak dat die kragnetwerk van 17:00 tot 21:00 onder druk sal wees.

“In die winter is elektrisiteitsverbruik soggens en saans hoër. Ons doen ʼn beroep op gebruikers om deurentyd hul elektrisiteitsverbruik te verminder, maar veral krag te bespaar van 06:00 tot 10:00 en van 17:00 tot 21:00.

Eskom het Saterdag sowel as Sondag van 08:00 tot 22:00 beurtkrag toegepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Vandag was ons krag in Dunvegan, Edenvale vir MEER AS 8 URE af gewees, maar Edenvale se straatligte was vanaf die naweek helder oor dag aan!! Vandag ons krag na 13h00 vanmiddag aangekom het BRAND DIE STRAATLIGTE WAARAGTAG WEER – HELDER OOR DAG!!! Dalk moet Edenvale ESKOM van krag voorsien!!!

Beurtkrag skade ·

Suid-Afrikaners besef nie watter skade beurtkrag aan Eskom se toerusting en substasies aanrig nie. Elke keer wat die krag afgaan kry ‘n substasie skade, wat die netwerk onder verdere druk plaas.

Maroela Media moet ondersoek hierna instel en die publiek inlig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.