Beurtkrag: Blaaskans minstens Sondag verwag

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die kapasiteitstekort op die land se kragnetwerk staan tans op 17 863 MW, wat die instelling van fase 7- en selfs fase 8-beurtkrag al meer moontlik maak.

Eskom het verlede maand gewaarsku dat die instelling van dié fases hierdie winter moontlik is indien onklaarrakings by sy kragsentrales verliese van 18 000 MW bereik.

Die kragvoorsiener het Donderdag gesê dat ʼn verdere 2 437 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

Daar was in die afgelope 24 uur ook verskeie onklaarrakings en vertragings met die herstel van opwekkingseenhede wat tans van lyn is.

Twee opwekkingseenhede het by Eskom se Duvha- en Arnot-kragstasie die gees gegee, terwyl opwekkingseenhede by Hendrina, Lethabo, Majuba, Matimba, Matla, Tutuka, Camden en Arnot weens vertragings met herstelwerk nog nie weer aanlyn gebring is nie. Dit dra verder by tot kapasiteitsprobleme.

Intussen kan Suid-Afrikaners weer ʼn naweek vol wisselende beurtkragvlakke verwag, waarvan die hoogste fase 6 en die laagste fase 2 sal wees.

Volgens Eskom se skedule sal fase 6-beurtkrag van Donderdag om 16:00 tot Vrydagoggend om 05:00 ingestel word. Fase 4-beurtkrag sal dan tot Saterdag om 05:00 geld, waarna fase 2-beurtkrag tot om Saterdag om 16:00 sal inskop. Tussen 16:00 en Sondag om 05:00 geld fase 4.

Beurtkrag word Sondag tussen 05:00 en 16:00 opgeskort.

Sondag om 16:00 word daar weer na fase 4 oorgeskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius ·

Ek kan nie anders as om te wonder op watse fase ons sal wees as daar nou gese word almal by eskom kry 20% verhoging nie ??
Is die probleem regtig wat hulle se dit is ??
Dit is net vir my pateties om te dink dat eskom die hele land se kinders nou aftrek na 30%ers toe agv die krag , maar gelukkig is my gesin sterker as dit en sal ons bo uitkom .

JvR ·

Nee die probleem is nie werklik wat hul se dit is nie. Anders sou die fase konstant gebly het.

JvR ·

Kyk. As hulle afkondig dat daar vir die volgende ses maande konstante beurtkrag gaan wees van kom ons se fase 5, sou ek geglo het dit gaan oor onderhoud. Die op en af fluktuering van die fases vertel n ander storie. Dit se vir my iemand baat daarby. Dalk nie eskom nie. Dalk nie ramamparra nie. Maar iemand baat daarby. Maar nie finansieel nie.

anko ·

AREP gaan baat daarby. Dis hoekom die man wat beloftes uitdeel aanmekaar sê dat hy werk daaraan

Papsak ·

Ek se liewers niks meer oor hierdie eskom krag nie want se jy iets word jy af geskiet hierdie anc sien niks raak wat in hierdie land aan gaan nie vir hulle is alles honky dory dit is masr reg ons sit sonder krag en water menseregte ons het nie meer so iets nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.