Beurtkrag minstens tot Vrydag

(Argieffoto)

Die stukkende seewaterpomp by die Koeberg-kernkragsentrale by Kaapstad is ten minste nou herstel, maar dit beteken nie fase 4-beurtkrag is dadelik van die baan nie.

“Eskom verkry tans regulatoriese goedkeuring om die opwekkingseenheid teen Sondag weer by die res van die netwerk te laat inskakel,” het die kragvoorsiener gesê.

Fase 4-beurtkrag duur in dié stadium dus steeds tot minstens Vrydag.

“Ons verwag dat beurtkrag, in verskillende stadiums, ook deur die loop van die naweek in werking gestel sal moet word.”

Eskom maak in dié stadium staat op noodreserwes om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen. Sommige opwekkingseenhede sou Woensdagaand weer in diens gestel word, wat druk op die stelsel behoort te verlig.

Die kragvoorsiener sê die vraag na elektrisiteit het sedert Januarie deurlopend bly styg en hy het weer ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

Hoekom noodreserwes gebruik as SA oorgenoeg steenkool het dat baie daarvan uitgevoer word. Iewers maak iets nie sin nie.

Diertjie ·

Jaco ek is seker as “our people” ook soos ek en jy krag betaal soos hulle moet en al die onwettige kragverbindings ontkoppel word sal ons nie krag probleme he nie!

Johan Venter ·

Eskom en die ANC is onkapabel, frustrasie verby.

Gister was ons krag vir 7 uur af, 6 uur agv beurtkrag en 1 uur agv vesel vir die internet, slote wat hulle grou.

En dit was nie die eerste keer nie.

Hoe gefrustreerd moet besighede nie wees nie?

Cyril dis hoog tyd dat jy en Gwede die erns van die katastrofe insien.

Toe die krag nou buite geskeduleerde tyd afgaan, vlie ek by die deur uit op soek na die skuldige, ek weet sommer dit is die ‘veselkontrakteur’ vir die internet soos laas wat die kragkabel afgekap het.

Drie strate van ons af vind ek hulle waar hul besig is om slote te grawe.

Wat ek nie kan verstaan nie is dat twee maande gelede het hulle op dieselfde lyn waar hulle nou grawe reeds vesel gelê.

Vervolg ….

Johan Venter ·

Vervolg van vorige kommentaar:

Nee sê die opsigter, dit moes Telkom se subkontrakteur gewees het, sy span grou nou weer dieselfde lyn oop om vir Vodacom vesel te lê. Toe sê hy dat daar ook nog ‘n ander kontrakteur vorentoe kan wees wat een of ander tyd vir ‘n ander instansie vesel sal kom lê.

So grou daar dan nou ‘n paar kontrakteurs dieselfde lyn oop om vir die onderskeie instansies vesel te lê, 3 x word dieselfde werk oorgedoen, moontlik ook deur verskillende kontrakteurs.

Werkskepping kom by my op en dan besef mens verder waarom die ekonomie is waar dit is. Maar buiten vir beurtkrag, veroorsaak die lê van vesel ook kragonderbrekings omdat hulle nou en dan ‘n kragkabel af kap/pik wat mens nog verder teen die mure uit dryf.

En dan het erge weerlig ook nou en dan effek.

Niklaas ·

Baie dinge maak nie sinnie. Ek glo geen woord van Eskom verduidelikings nie.

Leon ·

Noodreserves beteken hulle skakel die Diesel generators aan en hulle maak die sluise oop in Lesotho.

Jack ·

Beurtkrag is sabotasie en terrorisme deur die ANC regering. Alles doelbewus om ons te vernietig volgens die opdragte van die nuwe wereld orde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.