Beurtkrag moontlik vandag

(Foto: pixabay)

Hoewel beurtkrag nie Woensdagoggend ingestel is nie, bestaan die moontlikheid dat beurtkrag wel later vandag geïmplementeer sal moet word.

Eskom sê in sy daaglikse verklaring hy is van sy bykomende opwekkingskapasiteit kwyt weens onbeplande kragonderbrekings wat die kapasiteit vanoggend omstreeks 05:45 op 11 249 MW laat staan het.

Geskeduleerde instandhoudingswerk staan op 4 573 MW met noodreserwes tans op aanvaarbare vlakke.

Die kragvoorsiener verduidelik dat die kragstelsel kwesbaar bly en dat beurtkrag moontlik op kort kennisgewing ingestel mag word.

Eskom het verbruikers weer herinner dat die moontlikheid vir beurtkrag die volgende 18 maande groot bly weens die kragvoorsiener se beoogde instandhoudingswerk om die verouderende kragnetwerk reg te ruk.

Verbruikers word gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Genis ·

Nou wonder ek Serfaas, kry Waterkloofrif waar die diplomate bly ook beurtkrag?

Leon ·

Nee, plekke waar ANC grootkoppe bly word vrygestel van beurtkrag . So ook Bryntirion waar die Uniegebou is en die parlementslede bly asook Wonderboom Suid. Hulle het nog nooit sedert beurtkrag ingestel beurtkrag gehd nie.

Marie ·

Dit is net jammer dat net sekere gebiede deurloop met beurtkrag en ander gebiede weet nie eers wat beteken die woord nie.

Leon ·

Voldonge feit. Montana in Pretoria het vroeg manoggend beurtkrag gehad wat die verkeer tot totale stistand gebring het.

Jaco ·

Of jy spaar of nie beurtkeag gaan jy kry, in ons huis as krag aan is hou ons nie terug en gebruik dit. As hulle al die onwettige konneksies uithaal sal daar meer as genoeg kapasiteit wees. So jammer ons spaar niks, lugverkoelig hardloop herltyd.

AmandaDup ·

Ek dink ESKOM moet ons laat bly op fase 1 of 2 totdat die gemors uitgesorteer is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.