Beurtkrag moontlik Woensdagaand

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het aangekondig dat daar geen beurtkrag Woensdagoggend verwag word nie, maar dat die kragnetwerk wel die aand onder druk kan wees.

Volgens Eskom is daar Woensdagoggend genoeg opwekkingskapasiteit om aan die vraag te voldoen. “Die kragnetwerk sal na verwagting onder druk wees tydens die aandpiektyd (17:00-21:00) hoofsaaklik weens ʼn toename in die vraag na elektrisiteit.”

Eskom het ʼn beroep op gebruikers gedoen om aan energie-effektiewe maniere te dink om warm te bly terwyl temperature Woensdag erg gedaal het weens ʼn kouefront.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zahn ·

Ai, kon hulle nie maar laasweek se AU vergadering by kerslig gehou het nie, dan sou ons ook baie gespaar het..

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is gladnie meer snaaks nie en ek het dit verwag dat hulle beurtkrag sal instel. Eskom is n verleentheid en hulle wanbestuur en verwildering van bekwame mense is die oorsaak hiervan .Persoonlik dink ek dat Eskom geprivatiseer moet word om van die onbekwame kaders ontslae te raak en die OB behoort n behoorlike ondersoek te doen aangaande hul doen en late asook die korrupsie in hul tenderbeleid oop te vlek

CHRISTA ·

Ek wil net hê hier die wonderlike regering moet aan my verduidelik hoe die apartheid regime vir DEKADES die ligte aangehou het en dit met die WÊRELD se sanksies teen ons land!!! Die ANC het gedink hulle ‘spite’ die kenners toe hulle hulle afgedank het om plek te maak vir hulle vrinne. Nou kan hulle nie die krag voorsien wat hulle aan hulle ondersteuners beloof het GRATIS gaan wees nie!!!

Peet Schabort ·

Eishkom se Prinses van die Nag het ook by ons kom kuier . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.