Beurtkrag: ʼn Donker naweek verwag

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag Vrydag om 12:00 in werking gestel word – en tot minstens Sondag om 23:00 gaan duur.

Suid-Afrikaners word sedert die middel van Desember weer aan die gewraakte aan-af-stelsel onderwerp. Dit is egter op 18 Januarie vir eers opgeskort.

Volgens Eskom moet beurtkrag nou weer noodgedwonge ingestel word, aangesien vyf opwekkingseenhede by die Medupi-stasie onklaar geraak het. Dit is omdat daar ʼn tekort aan steenkool vir dié eenhede is, weens die swaar reën wat gisteraand in die Lephalale-gebied geval het.

Hierdie gebied het in een aand ongeveer 65 mm reën aangeteken.

“Eskom het planne in werking gestel en bykomende hulpbronne ontplooi ná swaar neerslae in Mpumalanga en Limpopo,” sê die kragvoorsiener. “Spanne werk onophoudelik om soveel moontlik kapasiteit so gou moontlik te herstel.”

Altesaam 4 114 MW is weens beoogde instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 15 739 MW weens ander onvoorsiene probleme nie beskikbaar is nie.

Eskom het ook ʼn beroep op verbruikers gedoen om krag spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pierre ·

Die wiele kom letterlik af al hoe meer waarskuwings van binne die energie gemeenskap dat dinge veel erger is as wat die regering voorgee

Wondermaarnet ·

Eskom vra ons moet minder krag gebruik. Hulle kla as mens te min krag koop en kla as mens te veel krag gebruik. Wat wil hulle hê? Sonkrag is ook nou ‘n probleem vir hulle. Hou op mense betaal wat oorbodig en onbevoeg is.

Riaan ·

HOE HET DIE OU REGERING DIT REG GEKRY, want waragtig reen dit nie net in Suid-Afrika vandat die ANC oorgeneem het nie

Miskruier ·

Reg, daar was die laaste jare droogte in Limpopo, maar dit het nog altyd gereën. Groete uit die WATERberge.

SjN ·

Instandhouding. Bestuur en beplannig is die antwoord, iets Bo hul vermoe

Anton ·

Gelukkig was daar nooit swaar reen voor 1994 nie. Verder is die weervoorspelling so swak dat niemand ooit voorsiening kan maak vir sulke omstandighede nie. Beplanning is eurosentries en rassisties. Jan van Riebeeck het alles opgeneuk ????

Hennie J ·

Verwyder die kripvreter en onbevoegde kaders wat nie kan beplan nie. Is die magtige eskom nou n mooiweersinstelling?

Jaco ·

Dit het tog in die ou SA ook gereën. Waarom het die steenkool dan nie toe nat geword nie?

Cherokee ·

Miskien moet ons in ag neem dat daar tydens die ou bestel, nie 60 miljoen mense met miljoene skelm elektrisiteits-aansluitings was nie. En nie ‘n Eskom met biljoene skuld wat blykbaar nie hoef betaal te word nie.

Persheks Adri ·

Patesiese diens waarvoor ons betaal! Ons kry dit nie mahala nie!!! Dis verdomp koud man tsek

Marius ·

Dit is wat gebeur as jy nie weet wat dit is om te beplan nie . Sekerlik die enigste besigheid wat n produk verkoop en smeek dat nie gebruik word nie . Useless !!!

Genis ·

Daar is eerder n gebrek aan geld weens ANC plundering… om korrek te wees… Opertunistiese verskonings… Wat het vroeer jare gebeur toe dit gereen het? Of is reen nou n wonder?

johan ·

Eskom vra dat minder krag gebruik moet word maar die groot spreiligte brand die hele dag in die swart woongebiede. In die ou dae was dit in die dag afgesiy asook die straatligte,maar vandag brand alles in die dag. Ek wonder maar net hoeveel krag en kostes kan bespaar word deur die ligte in die dag af te sit. Dink Eskom moet by homself begin om krag te spaar

KB ·

Van die eens wonderlike Evkom (wat internasionale toekennings gekry het), het daar ‘n jammerlike gepeupel onder hul bestuur oorgebly. Dis ‘n loutere skande.

Phillip ·

Gee hom terug vir ons wat daar gewerk het voor 94….binne n jaar of nog vroeer sal beurtkrag iets wees wat net hoort by anc leierskap

Cherokee ·

Waarom ervaar ons in Durban sessies van twee ure, terwyl plekke soos Carletonville en Fochville vir 4 ure en somtyds 4½ ure nie koffie kan maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.