Eskom het gesê fase 1 beurtkrag sal Vrydag tussen 09:00 en 22:00 toegepas word nadat vier kragopwekkingseenhede aan die netwerk gekoppel is.
Die vier kragopwekkingseenhede is by Duvha, Kriel, Tutuka en Kusile-kragstasies aangeskakel. Nog drie eenhede sal na verwagting deur die loop van die aand aangeskakel word, het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.
Onbeplande kragonderbrekings staan op 11 250 MW, bykomend tot die 4 400 MW wat tans onder beplande instandhouding is.
Eskom maan verbruikers om elektrisiteit steeds spaarsamig te verbruik.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Verwag julle dat ons dankie sê en julle betaal? Julle beter die krag aan hou ne ek stop vinnig my betaling
#Gatvol