Beurtkrag na fase 2 afgeskaal

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het Sondag aangekondig fase 2-beurtkrag sal vanaf 09:00 toegepas word.

“Vier kragopwekkingseenhede is deur die loop van die aand suksesvol aan die netwerk gekoppel,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Dit volg nadat Eskom Saterdag fase 3-beurtkrag aangekondig het.

Onbeplande kragonderbrekings het om 06:20 op 10 235 MW gestaan en beplande kragonderbrekings op 6 274 weens instandhoudingswerk.

“Deur fase 3-beurtkrag deurnag toe te pas, het ons in staat gestel om die gebruik van die nood- dieselreserwes te verminder en hidroskemavlakke aan te vul. Alhoewel die stelsel verbeter het, wil ons verbruikers daaraan herinner dat die beurtkragfase op kort kennisgewing kan verander indien daar enige veranderinge op die stelsel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bloedhond ·

Betaal jou belasting soos ‘n soet kind en wees dankbaar jy het nog kos op die tafel.

ElizeK ·

Ek is absoluut oortuig Eskom speel speletjies met beurtkrag. Dit verskaf aan hulle n GROOT lekkerte om ons ore aan te sit en tot die uiterste te frustreer. Hulle KAN EN MAG want hulle het die hef in die hand. Nie eers ons regering “worry” daaroor nie. Net nog n verdere bewys.

Strandloper ·

Mmmmmm hulle maak my kop baie seer…bespaar diesel nê? Dt alles ten koste van die heele land se ekonomie? Iemand moet tog vir niemand wys hoe werk n culculator

Hansie slim ·

Elize,
Die ANC grootbase het geen probleem met beurtkrag nie. Meeste het reeds alternatiewe krag by hul huise…. wat ek en jy voor betaal het.
Elke keer as hulle aansoek doen vir verhoging in tariewe, gooi hulle so ‘n paar beurtkrag sessies deur…”just for good measure”…

Johan Venter ·

En ek sit en wag nou op die soete klank van die rekenaar se UPS as die krag afgaan ….. peep…peep… peep….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.