Beurtkrag na fase 4 aangepas

Kusile-kragstasie. (Foto: Leo za1 / © Rute Martins van Leoa’s Photography via Wikimedia Commons)

Fase 4-beurtkrag sal nou Maandag tussen 17:00 en 22:00 ingestel word ná ’n verdere verlies van 720 MW opwekkingskapasiteit nadat eenheid 2 van die Kusile-kragsentrale vroeër vandag uitgeskop het.

Die eenheid is intussen weer in werking en sal gedurende die nag tot volle kapasiteit laai.

Beurtkrag sal na verwagting Dinsdag weer tot fase 3 verlaag word, soos vroeër deur Maroela Media berig.

“Eskom sal voortgaan om die stelsel noukeurig dop te hou en aanpassings te doen. Enige veranderinge sal soos nodig bekendgemaak word.”

Eskom se drie opwekkingseenhede – onderskeidelik by die Hendrina-, Tutuka- en Kriel-kragsentrale is sedert vanoggend weer in werking gestel, terwyl ’n eenheid by sy Arnot-kragsentrale vir herstelwerk van lyn gehaal is.

Altesame 1 904 MW word tans aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl nog 17 255 MW kapasiteit weens ander probleme onbeskikbaar is.

“Eskom wil lede van die publiek daaraan herinner dat beurtkrag slegs as laaste uitweg ingestel word om die nasionale netwerk te beskerm. Ons doen dus ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om voort te gaan om elektrisiteit spaarsaam te gebruik, veral tussen 05:00 en 09:00 en 16:00 tot 22:00.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marius ·

Die 17 000 MW wat an lyn af is, is agv baie jare se geen instandhoudingsbeleid en slapheid van die anc.

Johan ·

Hulle dink ook die publiek is stupid! Hulle stel beurt krag in om diesel tekorte toe te smeer. Hulle vra ook almal om krag te spaar maar hier waar ek woon brand straatligte dag en nag.

Boer ·

Pandor gee wil mos 350 Milj vir KUBA maar die ANC ESKOM gaan onder.

Keelvol ·

Ag, Andre de ruyter sit tog net die krag af en kry klaar…

Willempie ·

Dinge verander nou so vinnig,fase 5 is seker binnekort van toepassing.

Swerwer ·

Regtig, as laaste uitweg? Probeer gerus iets beters as ‘n verskoning gebruik. Almal weet dit is dat die huidige Regireing vewrantwoordelik is vir die gemors waarin ons land is.

Sarel ·

Eskom het drie seisoene gehad om voorsiening reg te kry vir die Winter…Hoekom raak alles nou onklaar
Lekker Bull Storie as jy my vra

Sarie ·

Dit is n bull storie. En ek val al lankal nie meer vir die “instandhouding” storie nie

Manie ·

Het Eskom nie genoeg opwekkings kapasiteit of nie genoeg stoor kapasiteit nie? Indien opwekking die probleem is, sit die hele land se krag saans van 11 to 4 uur die volgende oggend, dus vir 5 ure af, dit sal niemand pla nie en almal kan daarop voorbereid wees.

donsie ·

Terwyl ons loadshedding het, staan die Gouda turbines almal dood stil in sterk wind, waarom gebruik hulle nie daardie krag nie, ek bly hier en hulle staan meer as hulle loop, op navraag aan een van die personeel lede wat daar werk, of die terbunis dan stukkend is, het hy gese, nee, maar eskom wil nie die krag koop nie, maar hulle sal liewer duur diesel gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.