Beurtkrag na fase 4 verhoog, maar Eskom sê gʼn ‘rede tot kommer’

(Argieffoto)

Suid-Afrikaners moet hulle staal vir nog dae lange beurtkrag. Eskom het kort gelede aangekondig dat fase 4-beurtkrag nou van Woensdag om 12:00 sal geld. Die kragvoorsiener sê egter die inwerkingstelling van ʼn hoër fase is nie “rede tot kommer nie”.

Fase 4 duur tot Vrydag om 05:00, waarna teruggeskakel word na fase 2. Dit sal in hierdie stadium tot Saterdag om 05:00 geld.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, sê eenhede by Medupi, Kusile en Matla het oor die afgelope 24 uur uitgeskop, terwyl Eskom gedwing is om ʼn eenheid by onderskeidelik die Lethabo- en Arnot-kragsentrale af te skakel.

“Dit het druk op die kragstelsel vererger en die uitgebreide gebruik van noodopwekkingsreserwes genoodsaak wat die herstel van hierdie reserwes belemmer,” sê Mantshantsha.

Sommige opwekkingseenhede is intussen weer in diens gestel en Eskom verwag om nog twee eenhede deur die loop van die dag aanlyn te bring. Koeberg se eenheid een sal na verwagting vandag in bedryf gestel word en dit sal binne 48 uur volle kapasiteit kan lewer.

Die kragvoorsiener sê meganiese probleme het tot ʼn verlies van 14 957 MW gelei, terwyl beplande instandhoudingswerk nog 5 301 MW uit die netwerk gehaal het.

“Ons herinner verbruikers daaraan dat beurtkrag die laaste opsie is om die bestendigheid van die stelsel te handhaaf, ongeag watter fase ingestel word. Die inwerkingstelling van fase 4 wek dus geen kommer nie, omdat die kragnetwerk steeds doeltreffend beheer word,” sê Mantshantsha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Di ·

O genade dit raak nou te erg! Plaas daarvan om beter te word, word dit al hoe erger. Hulle kan net sowel die krag heentemal afsit.

Frank ·

Man, as jy na vlak 4 toe gaan en beweer daars nie rede tot kommer nie….

Misky ·

Ons land beweeg teen ‘n vinnige tempo agteruit. Nie lank nie, dan is ons terug in die oertydperk en net stof om ons

Blomme ·

Nee Misky.. Die land het reeds in 1994 agteruit begin beweeg.. Daar is op hierdie stadium niks meer oor nie.

Charl ·

Bietjie laat ou Werner, ons moes al 27 jr terug begin worry het !

cccp ·

Jou huis is besig om af te brand en jy is op die boonste verdieping in die slaapkamer vasgekeer – maar daar is geen rede tot kommer nie…

Pierre ·

“Die inwerkingstelling van fase 4 wek dus geen kommer nie, omdat die kragnetwerk steeds doeltreffend beheer word,”

Julle is heeltemal uitvoeling met mense se bekommernisse !!

Adriaan ·

Wanneer hulle sê daar is nie rede tot kommer nie, is daar juis rede tot kommer.

Frank ·

Ek verstaan senior tegnikuste by Koeberg is besig om te bedank? Is dit waar???

Gerhard ·

Dit wil so voorkom en dan gaan hulle nie die mense haal wat wel die werk kan doen nie, dan stel hulle net meer onbekwame our people aan.

Jaco ·

Wanneer daardie onbekwame eskom werker die verkeerde knoppie by Koeberg kernkragstasie druk en 4 miljoen mense in Kaapstad deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word, sal eskom seker ook sê “daars geen rede tot kommer”

Jeffrey ·

Die ekonomie het gekrimp en is feitlik vernietig, dis somer, n magdom groot nywerhede is van die grid af, maar load shedding word net erger. HOE WERK DIT???

Chris dupreez ·

Almal gebruik nou hulle lugreelings , want dis mos lekker.

Buck ·

Die president moet ingryp. Hou op geld aan grands gee en sorteer eskom daarmee uit. As die dkonomie val, is daar in alle geval nie meer belasting geld vir sy gesigkoop grands nie. Dit is tyd vir hom om te wys of hy n leier is

SlinkseKoljander ·

Hy kan minder om gee, sy voters is moes gewoond om sonder krag te lewe

Gerhard ·

Die president kan nie ingryp nie, want kopdoek sal hom nie toelaat om in te gryp nie. Hulle voel NIKS vir ons of enige iemand anders nie

Jr ·

Hy het al KLAAR gewys hy is NIE n leier nie. Duisende voorbeelde daarvan gewys.

Danie ·

Die einde is nie meer vêr nie……. Is jy en jou familie gereed vir die val van die reënboog nasie?

Werner ·

Stem saam Danie ons sal moet wakker skrik.Maar n paar wil eers gaan stem dit sal ESKOM in vyf min regruk.

JohanR ·

Hello darkness my old friend, you’ve made us bring out the candles, and start up the generators again.

groenboer ·

Aan die positiwe kant: dit gebeur so reg voor die verkiesing, net wanneer die ANC dit die minste kan bekostig…

Werner ·

Dit is dalk juis wat hulle wil hé.Dat daar nie n verkiesing gehou word nie.

Nozi ·

Nee wat. Maandag met stemdag brand al die liggies wees en die anc vertel amal hoe hard hul gespook en gespartel het om die krag terug te bring en dat die probleem nou opgelos is. Dinsdag al almal se kruisies klaar getrek en daar waai die krag weer by die venter uit.

Johann ·

WHAT THE……..???????? Hoe is dit moontlik dat ESKOM SO ONBESONNE IS?

Johann ·

En ons moet maar net oopmond agter oor buig en aanvaar wat aangevoer word as die rede vir totale anargie in ons energie voorsiening! ABSOLUTE SHAME ON YOU!!!!!!!

Lourens CFG ·

Is dít hoe hulle “doeltreffend” beheer met instandhoudings werk?
Doen instandhouding eers wanneer die goed breek?
Ons land trek nou wragtig vêr by sleg verby.

SlinkseKoljander ·

Net weer `n bewys watse gemors BEE aanstelling is, hulle kan niks doen maar dink hulle is die kat se snor.

Ons sien nou eerstehand hoe nie blankes (BEE) die land in die grond in bestuur.

Keelvol ·

Ag nee wat Mnr de Ruyter jy is n bittere teleurstelling. Jy moes lank al die opknappingswerk laat begin het.

Jeffrey ·

Daai ou sit met GROOT PROBLEME. Hy kannie net links en regs kaders afdank en hulle vervang met bevoegde mense nie. Onthou laas die rasse herrie met hom wat uitgebars het omdat hy korrupsie probeer uitroei het. Die ANC sal die stuipe kry en sy kop sal rol. So wat moet hy doen, hy het eenvoudig nie baie beweegruimte nie.

Kokerboom ·

Ons moet nou besef in watter absolute chaos die Zuma en ANC gespuis die land se kragvoorsiener gelos het. Dis by hoogverraad verby en hul loop vryelik rond!Dis almal se skuld nie hulle!!

Swartskaap ·

Huĺle lieg. Dis sabotasie. Sal nie rooikappie en sy maatjies uit die situasie laat nie. Ek wed de Ruiter bedank voor die einde van die jaar.

Papsak ·

Ja met hande in die hare sit ons nou dit raak net ergwr en erger en niemand doen iets nie wanneer daar gese word jy moenie worrie nie dan is dit juis wanneer ons moet begin worriemaar die beste van als is dit voor die verkiesing maar anc wil he daar moet vir hulle gestem word jaag almal weg en begin van nuut af ons raak gatvol vir die shut

Brandwag ·

Twee goed wat my pla.
MOET NIE BEKOMMERD WEES NIE
IS GEDWING OM AF TE SKAKEL

Groete

Jaquar ·

Kommerwekkend hoeveelheid Spesialiste by Koeberg wat diens verlaat, sonder enige nuwe offers. Ook in aggeneem Carte Blanche se program tyd terug oor veiligheidsrisiko by Koeberg.

Etienne ·

Hulle vat ons almal vir n ride – tyd wanneer mense dit besef sal dinge begin gebeur!

Jr ·

Wat Eskom sê is net soos hulle eienaars. Wat Eskom sê is ‘n klomp bull shine. Hulle het n mentaliteit van “die publiek is stupid, hulle sal ons twak glo”, maar weet jy ons is moeg vir julle twak.

FC ·

So reg voor verkiessing, die ANC moet baie bekommerd wees. Sy stemmers kan nou nie almal optof nie. en sien die ANC wil hulle in die donker hou.
Kraf af, brandstof op, ANC uitgestem…

Jr ·

Vat jou apology en jou verskoning vir die ongerief en steek hom waar die son nie skyn en dis altyd donker

Marie ·

Moenie worry nie julle, daar sal wel krag wees die heeldag op 1 November…. daarvoor sal die ANC sorg

Blikkies ·

Nou weet ek hoekom daar nie meer skedules vir die beurtkrag uitgereik word nie? Hulle beweeg te vinnig agteruit in die afgrond in….

Catherina ·

Geen rede vir kommer volgens Eskom. Natuurlik nie. Ons geniet beurtkrag!!!!!! Wat n klug

Hondjie ·

As ek my kometaar moet lewer sal ek lelik verbad word op die platform

Johann ·

Moderne Ekonomiese Anargie! Saboteer jaareind eksamens en verklaar n verkiesing as nul en void! Die massas rebeleer en brand en verwoes NOG verder en siedaar die ANC neem als met mag oor.

Jeffrey ·

Wanneer skop daai wigte en teenwigte nou in? Ek dog als gaan okay wees na 92?

Nationalist ·

Die ANC het gelykheid belowe, min wetend hulle het bedoel gelyk sonder krag, gelyk sonder werk en kan gelyk nie brandstof bekostig nie.

Jeffrey ·

Met gelyke armoede vir ons almal as voorland soos die kommuniste dit wil hê.

KB ·

Ook maar “useless”…Eskom boer nou sterk agteruit.

Onthou net Maandag is 1 Nov….verkiesingsdag…
Die huidige regering gaan al hoe minder stemme begin kry. Hulle sny nou hul eie kele af.

Blomme ·

Hoop die AnC kaders word geslaan waar dit die seerste maak. By die verkiesing. Mag hul magte gebreek word sodat regte kundige aanstellings by sulke sleutel instansies soos ESKOM aangestel kan word.

Eugene ·

Eskom verloor natuurlik nou baie inkomste so daar sal weer n stewige prysverhoging wees en ons is dom genoeg om dit te aanvaar

Blikkies ·

Ek is nou Gatvol. Behalwe dat ek deur die dag moet werk is ek verplig om n tweede inkomste te genereer om die pot aan die kook te hou. Met al die beurtkrag is ek dood in in die water. Dit is maar net ek en my familie wat moet sukkel, wat sal hulle nou omgee! maar tel al die ander huisgesinne by wat ook sukkel, dan is dit ‘n lelike prentjie.

annie ·

My simpatie lê by die leerders wat eksamen moet skryf maar Eskom dink net aan Eskom en so effens aan die verkiesing op Maandag. Die matrikulante is deur ‘n wilde jaar met oorskakeling na tuisleer en tablette. Nou volg oorloë teen Eskom, die eksamenators en die virus(entstof). En aanstaande jaar volg die lang trek deur die woestyn van die grootmenswêreld… met werk en geld as ‘n onsekere doelwit.

Charl ·

Ag asseblief, g’n rede tot kommer ?? Julle onbevoegdheid en onvermoee om hierdie land se infrastruktuur suksesvol in stand te hou is ‘n gegewe, net soos die Corona virus, ry wipplank maar eindig nie.

Marina ·

Wel, check jou kragmeter. Sodra die krag terugkom is daar eenhede weg … nou vra ek jou

VaalDonkie ·

Ek was glad nie bokommerd nie, maar dit was voordat hulle my verseker het daar was niks om oor bekommerd te wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.