Beurtkrag na fase 4 verhoog

Die Kusile-kragsentrale. (Foto: Wikus de Wet/AFP)

Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag van Woensdag 09:00 in werking gestel word en tot Vrydag om 05:00 sal voortduur.

Dít volg nadat die energieverskaffer Maandag reeds fase 2-beurtkrag in werking gestel het nadat ʼn eenheid by onderskeidelik die Matla-, Kendal-, Matimba-, Kusile- en Grootvlei-kragsentrale uitgeskop het.

“Dit is met groot teleurstelling dat Eskom verbruikers in kennis moet stel dat nóg kragopwekkingseenhede gedurende die nag uitgeskop het. Dit noodsaak die inwerkingstelling van fase 4-beurtkrag.”

Die jongste kragsentrales wat beïnvloed is, is Kendal, Duvha, Camden en Kusile.

Eskom sê hoewel hy die eenhede weer aangeskakel kon kry, is dit van kragopwekkingsreserwes afhanklik om volledig te funksioneer. Weens die uiters hoë gebruik van diesel word noodreserwes egter vinniger uitgeput as wat dit aangevul kan word.

Eskom sê beurtkrag sal Vrydag weer na fase 2 verlaag word. Dit sal na verwagting tot 05:00 Maandag duur.

“Eskom vra om verskoning vir die inwerkingstelling van fase 4-beurtkrag. Ons sal die situasie deurlopend nagaan en na gelang van omstandighede optree soos dit verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

casper ·

Koop steaks en tjops manne — ons gaan baie moet braai !!

Misky ·

Ek stem casper, ons maak maar die beste van ‘n slegte saak.

Kokerboom ·

Die resultaat van ‘n dooi perd probeer lewendig kry en hou. Kaderbestuurders het hom dood gery!

Samuel ·

Eskom is besig met sy nasionale sport. Hoe kan soveel eenhede gelyktydig onklaar raak?

krodedil ·

Ander lande maak oorlog.
In Suid Afrika het ons ‘n Eskom oorlog agv die ANC se swak bestuur.

krodedil ·

Geen diesel word tans gebruik nie want volgens Eskom is dit te duur. Dis die groot rede vir Stage 4 beurtkrag

VaalDonkie ·

Ek gaan vir my ook ‘n diesel-generator aanskaf. Ek is moeg vir Eskom. Rerig moeg.

Nicky ·

VaalDonkie kry eerder vir jou n inverter, dan weet jy nie eers as die krag afgaan nie

VaalDonkie ·

Definitief. Ek hardloop my ligte van ‘n battery en inverter af. Maar die generator is vir die stoof of as ons moet die wasmasjien gebruik. Dis te vrek duur om hulle van sonkrag te hardloop. Ek het nie R200 duisend vir so ‘n stelsel nie. Ek betaal eerder R18000 vir ‘n “silent generator” wat dit sal kan doen. En dan hoef ek net R20000 aan ‘n sonkrag stelsel te spandeer wat my ligte en internet en ‘n bietjie televisie kan ondersteun.

Corne123 ·

Geagte Eskom julle verskoning word nie aanvaar nie. Krag is van die duurste ter wereld en geld word net geplunder en verduister. Lekker onder die ANC

krodedil ·

Suid Afrika se krag eenheid prys is ongeveer 50% van ander lande. Google dit. Dis waarom Eskom elke keer vra vir krag verhogings. Dis nog ‘n manier vir die ANC regening om te kan skep.

Sobymykoolkop ·

Lankal uitmekaar geval, daar word egter net met die leuen aangehou dat als nog honkie dorrie is.

Adriaan ·

Lank gelede het n komediant die grap vertel “Wat het Zim gehad voor kerse?” Die antwoord: Elektrisiteit!

Ek het altyd lekker gelag maar min geweet dis SA se voorland.

Lindi ·

En die gewone man op straat kan net mooi niks daaran doen nie.

Fran ·

Daars nie woorde om hierdie patetiese regering te beskryf nie. Hulle kan nie eers hulle eie huishoudings bestuur nie wat nog van ‘n hele land!

piet ·

Bestuur die regering vir Eskom? Ek dog Eskom het hulle eie bestuurders, CEO en so aan. Jy kan tog nie die regering blameer as die bedryf nie eers self die nodige onderhoud kan doen om die storie aan die gang te hou nie. Nee, nee dis die mense wat daar is by Eskom in die bestuursposisies wat hulle werk moet doen. Hulle kry moewiese salarisse en kyk hoe lyk dit.

Sobymykoolkop ·

Arme arme PIET, alle SOE’s ” bestuur” hulself, of is veronderstel im te doen, Eksdom, denel, prasa, landbank ens ens is waar hulle is deur nepotisme en kader intplooiing, moet ek meer verduidelik?

krodedil ·

Arme Piet, jy behoort te weet wie het hom aangestel. Dis ANC sal nie ‘n Vryheidsfront lid aanstel nie. De Ruyter is aangestel deur die ANC regering. Tans dans de Ruyter na wat die regering vir hom sê om te doen. Wat my bekommerd maak is dat De Ruyter net so onbevoeg is soos die ANC kaders.

piet ·

So dit was nie ‘n AA of BEE aanstelling nie krodedil. Nou kom die man nie die mas op nie. ANC sal hom maar moet verwyder.

Nicky ·

Een man kan dit nie regruk na 27 jaar nie, verstaan jy dit nie, o ja vergeet ek jy is mos weet alles

Keelvol ·

Dis nou rêrig belaglik. Ek glo nie n woord van die nonsens wat uit de ruyter se mond kom nie. Amper 3 jaar en ons sit waar ons sit sonder enige vooruitgang met die keg…… hoe is dit moontlik dat as 1 eenheid onklaar raak dan gee nog meer in? Is daar geen beheer nie of wat?

domheks ·

En so moet ons meer betaal – vir geen/swak diens!
Stel tog regte mense aan, wat weet hoe om die werk gedoen te kry!
Met huidige personeel sal ons op beurtkrag bly tot in lengte van dae!!!!

piet ·

Dis reeds voor 9h00 ingestel. Ons krag moes om 6h00 afgaan volgens fase 2 maar dit het reeds om 4h00 afgegaan. So lieg ons maar voort.

Gert ·

Ons praat van oorlog in Midde Ooste terwyl ons regering n stille oorlog teen sy eie mense pleeg met beurtkrag, water krisisse en gebruikerspryse wat ten hemele skree.

Pietertjie ·

Ek voel ook vreeslik jammer. Dis só maklik om te sê…

VaalDonkie ·

Dis makliker om jammer te se as om te voorkom dat daar iets is om oor jammer te wees.

Vernon ·

Ja nee..stadig maar seker haal die ANC se beleid hom nou in!

Harley Davidson ·

Ek gaan ‘n plan maak vir solar die klomp is soos die ANC en De Ruyter blyk net so onbevoeg te wees om die plek reg te ruk

VaalDonkie ·

Ek is al lank besig met navorsing oor sonkrag. Hier’s my raad:

Gebruik gas om goed warm en gaar te maak.
Gebruik sonkrag vir jou ligte en internet.
Kry ‘n diesel generator vir die wasmasjien en as jy wil in die garage werk.

Dit werk BAIE goedkoper uit as om ‘n groot sonkrag stesel te kry wat alles sou kon doen (jy kyk na R180 000 as jy wil stowe en goed van sonkrag en batterye wil laat hardloop).

My sommetjies kom uit op so R40000. Dit sluit in ‘n R18000 diesel generator en R22000 vir ‘n sonkrag stelsel. Ek het al gas geysers en ‘n gasstoof. Anders kan jy omtrent R12000 bysit vir dit.

Jy kan natuurlik nog goedkoper wegkom as jy bereid is om R8000 vir ‘n raserige petrol generator te betaal en as jy nie veel gepla is oor heeldag TV kyk nie en dus ‘n R12000 sonkrag stelsel kry.

Dis definitief doenbaar.

VaalDonkie ·

Ek gebruik ook sommer 18V handgereedskap i.p.v. elektries. Ryobi se One Plus reeks is nogal goed vir tuis gebruik. Anders sou ek Bosch of Makita verkies vir professionele gebruik. En ek maak koffie in ‘n “plunger”. Dis in elk geval beter as drup-koffie.

casper ·

Koop steaks en tjops manne — ons gaan baie moet braai !!

Mariana ·

En met wat sal ons nou daai steak en chops betaal. Geld is skaars soos hoendertanne, regering melk ons droog man.

piet ·

So fase 4 is elke 8 ure? 8 ure aan , 2 ure af. Lekker man, lekker.

Sobymykoolkop ·

Jy verneuk jou man/vrou. Vra verskoning en word ” vergewe “.Jy doen dit WEER, en verwag jy gaan weer vergewe word, nie ń kans nie. Druk julle verskoning daar waar die ligte NIE skyn nie.

Willempie ·

Iemand druk asb daai knoppies…..CTRL/ALT/DEL…… FORMAT RSA.

SlinkseKoljander ·

Al hoe dit gebeur is a jy onbevoegde swart aanstellings in die pad steek, so 70% van die werks force

SlinkseKoljander ·

Dankie ANC, elke dag is daar weer nuus oor hoe pateties julle en julle BEE mense is. Julle kan niks bou of onderhou nie.

Gemors

marius ·

Patetiese spul lam sakke . Sal , kan , wil en gaan nooit iets suksesvol kan doen nie . Dis die waarheid .

Chris dupreez ·

Die eens vlagskip van n SA regering nou heeltemal in sy dinges in na net 27 jaar onder n korupte regering

Genis ·

Sny die nie betalers af, soos Soweto… Subsideer eerder sonkrag as die Taxi’s (wat reeds geld maak)… Dis omdat almal wat korrup is wegkom met moord… En o ja moet nie van ANC se planne vergeet om alles te verwoes nie… Alle entiteite en staats dienste… Dis tot hulle voordeel….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.