Beurtkrag nie oor naweek verwag

(Foto: pixabay)

Die kragvoorsiener Eskom sê die netwerk bly onder groot druk en die moontlikheid van beurtkrag kan steeds nie heeltemal uitgesluit word nie – maar dit gaan nét gedoen word indien die stelsel verder verswak.

Eskom het Saterdagoggend in ʼn verklaring gesê die verlies aan opwekking staan nou op 11 500 MW na nóg onbeplande instandhoudingswerk. Dit is bo die veiligheidsmarge vir die stelsel.

“Ons herinner verbruikers dat enige verandering, soos bykomende instandhoudingswerk, of die onbeskikbaarheid van diesel vir ons oopsiklus-gasturbines, of watervlakke by pompopgaarskemas [wat daal], op kort kennisgewing tot beurtkrag kan lei.”

Die oornag-beurtkrag wat Eskom Donderdag in werking gestel het, het gehelp met die gedeeltelike herstel van noodreserwes. Die sukkelende kragvoorsiener gaan egter die watervlakke by pompopgaarskemas dié naweek moet opvul en dieselfde met diesel vir die gasturbines moet doen sodat daar enigsins hoop kan wees dat die ligte heelweek gaan aanbly.

Wanneer onbeplande instandhoudingswerk lei tot ʼn verlies van 9 500 MW, moet Eskom oorskakel na noodreserwes. Die reserwes kan nie onbepaald gebruik word nie en dit lei dan tot beurtkrag.

Eskom het wéér bevestig sy tegniese spanne doen alles moontlik om eenhede aanlyn te kry en noodreserwes op aanvaarbare vlakke te hou.

Hy het ook by verbruikers gepleit om krag te bespaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HPV ·

Nou moet ons seker juig, Eskom is bereid om sy produk die naweek aan ons vir gebruik beskikbaar te stel. Die produk wat ons met een na die ander reddingsboeie moontlik gemaak het.

Eva ·

Ja, wel, klaar vanoggend vir ‘n paar ure gehad…. dan herinner ek my daaraan dat ek nie ‘n papperd is nie en dat baie mense nog nooit elektrisiteit gehad het nie.

Tambotie ·

Vreeslik jammer vir julle Eskom onbevoegdeid .
Betaal 30,000.00 nuttelose oortollige personeel af , verminder die uitspattige hoë salarisse en bonusse spandeer die besparings op behoorlikke instandhouding.
Stuur alle oorblywende bestuurders om geleerheid te verkry van hoe n besigheid bestuur moet word .
Stop die soustrein!!!!.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.