Beurtkrag: Niks vir die dag, risiko hoog vir die nag

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Donderdag gewaarsku dat die moontlikheid om in die aand beurtkrag toe te pas, hoog is.

Dit was die geval sedert Maandag, maar hierdie keer het Eskom sy medium-“prognose” vir beurtkrag deur die dag weggelaat. Aandbeurtkrag is vandeesweek van 17:00 tot 22:00 toegepas.

As die sukkelende kragvoorsiener Donderdag beurtkrag toepas, sal dit die 12de agtereenvolgende dag van kragonderbrekings wees. Dit sal dan die 45ste dag vanjaar wees wat Suid-Afrikaners beurtkrag ervaar.

Intussen het Brian Molefe, waarnemende uitvoerende hoof, Woensdag tydens sy eerste openbare gesprek met die media en die parlement gesê Suid-Afrikaners is met reg gefrustreerd met beurtkrag wat voortdurend ingestel moet word. Hy het inwoners egter versoek om Eskom nie daaroor  “te kap” nie aangesien hy 90% van die tyd wel krag voorsien.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rene ·

Ja, beurtkrag van 17:00 tot 22:00?? 17:00 is dit dan juis wanneer die mense by hul huise aankom met hul kinder, kos maak, seker maak die kinders se huiswerk is gedoen, kinders wat gebad moet word (as daar warm water is). Dink Eskom ooit daaraan?? Nee glad nie, want dit is nie hulle wat daaronder lei nie, maar ons as publiek. Dit is nie ons as publiek se skuld dat Eskom nooit enige verbeterings of nuwe krag stasies gebou het vanaf 1994 af nie. Veral met die verslag wat uitgekom het dat Eskom van 2008 af geweet het dat daar probleme gaan wees in die toekoms. Maar nee, dit is mos lekkerder om eerder GROOT bonusse vir die top bestuur te gee. Dan praat ons ook nie van diebaie stakings by Eskom se krag stasies nie. Daar is baie mense daar buite wat met graagte daai werk sal wil doen, maar nee, dit moet mos BEEE wees. Gin wonder die land gaan onder nie.

Johan ·

Jy kan die spyker nie meer raak slaan nie my vriend, dis net soos jy daar sê.

Pretorius ·

Alles wat die ANC aaan vat val inmekaar doelbewus want die Afrikaner het dit gebou

Mari ·

En agv beurtkrag het ons ‘geyser’ gegroet en wil ons yskas nie meer reg werk nie. Almal het nie versekering nie en finansies om kort-kort nuwes te koop nie. Ons gesin gaan nou die winter moet ketels kook en potte op stoof sit vir warm water, maar met krag onderbrekings kan ons nie eers verseker weet dat daar krag gaan wees hiervoor op die regte tye nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.