Beurtkrag nou langer toegepas

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag sal Saterdag en Sondag van 8:00 tot 22:00 toegepas word en nie net meer in die aande soos vroeër deur Eskom aangekondig nie.

Fase 2-beurtkrag sou Saterdag- en Sondagaand van 17:00 tot 22:00 toegepas word, maar is nou verleng teen einde dieselreserwes te beskerm en in ʼn poging om die hoeveelheid beurtkrag te bedwing.

Volgens die kragvoorsiener sal ʼn skip met dieselvoorraad Maandag vasmeer en Dinsdag deur die dag sy vrag aflaai. Indien Eskom egter voortgaan om diesel teen die huidige tempo te verbrand sal die reserwes uitgeput wees voor die vrag afgelaai is.

ʼn Eenheid by die Duvha-kragstasie het Vrydag uitgeskop, maar ʼn eenheid elk by Tutuka en Medupi is wel weer in werking gestel. Nog drie eenhede sal na verwagting môre weer in werking gestel word. Dit sal volgens Eskom nie voldoende wees om aan die vraag te voldoen nie gegewe die kouefront.

Opwekkingsvermoë van 3 405 MW is tans afgeskakel vir beplande instandhouding terwyl 15 481 MW weens foute buite werking is.

Eskom het weer eens ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul elektrisiteitsverbruik te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Burgermeester ·

Ek vind die aanhoudende beurtkrag baie kommerwekkend. Dit laat by my die vraag ontstaan, hoe naby is die kragnetwerk werklik aan totale ineenstorting?
Met verhoogde brandstof pryse, hoe lank gaan dit wees voor ESKOM nie meer die diesel kostes kan dek nie. Ek is maar ‘n ‘spanner’ wat hier op die duine duskant Hebron sit, so as iemand vir my ekonomiese lesse wil gee, sal ek dit waardeer.

Friedrich ·

Dank die hele Eskom bestuur asook die kragstasie bestuurders af, en stel BEKWAME mense aan. ????

JohanEtz ·

Ek wil steeds weet hoeveel van ons voorraad elektrisiteit na buurlande uitgevoer word?????? FFS!!!!

Anel ·

Ja, nê. Sekeres spaar, die wat betaal. En die wat nie betaal nie, mors!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.