Beurtkrag: Nuwe tydsones in Suid-Afrika ingestel

Argieffoto

Argieffoto

Hierdie berig is nie die waarheid nie. Maroela Media het die sommer vir die lekkerkry as deel van Aprilgekkedag opgelaai om ons lesers om die bos te probeer lei.

Werknemers van internasionale maatskappye in Suid-Afrika gaan binnekort hul werksure moet aanpas om seker te maak dat beurtkrag hulle nie kniehalter nie.

Eskom het Dinsdag aangekondig dat die nasionale elektrisiteitsnetwerk steeds onder druk verkeer, en veral in die wintermaande ʼn swaar las moet dra.

Werknemers van internasionale maatskappye wat hulself in Suid-Afrika gevestig het, gaan binnekort op dié maatskappye se tydsones moet werk. “Indien jy byvoorbeeld vir ʼn Koreaanse maatskappy soos Kia Motors werk, gaan daardie werknemers op Korea se tydsone (GMT+9) moet werk,” het ʼn woordvoerder van Eskom aan Maroela Media verduidelik. Suid-Afrika se tydsone is GMT+2. “Net so met mense wat vir Japannese maatskappye (GMT+9) en Amerikaanse maatskappye (GMT-7 vir maatskappye aan die weskus).”

Eskom sê daar is ʼn groot hoeveelheid Suid-Afrikaners wat vir internasionale maatskappye werk en dit kan ʼn groot lading van die netwerk afhaal as alle Suid-Afrikaners se spitstyd nie ooreenstem nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het ook die besluit verwelkom. “Indien Suid-Afrikaners van verskillende tydsones gebruik maak, gaan dit ook ʼn verligting bied vir die padnetwerk,” het ʼn woordvoerder van Sanral aan Maroela Media gesê.

Eskom verduidelik dat hy die maatskappye gaan monitor, en kan dan beurtkrag in dié geboue toepas wanneer die werknemers nie aan diens is nie. Eskom beplan ook om van tegnologie gebruik te maak wat die betrokke werknemers se rekenaargebruik kan monitor om seker te maak dat die persone nie van die huis of ander plekke af werk nie.

Eskom het die besluit op 1 April geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.