‘Beurtkrag onwaarskynlik,’ sê Eskom

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het gesê dit is onwaarskynlik dat beurtkrag Vrydag toegepas sal word.

“Daar is ʼn lae waarskynlikheid vir beurtkrag vandag. Die kragnetwerk is in ʼn goeie toestand en tensy daar iets gebeur, sal daar genoeg krag wees,” het Andrew Etzinger, Eskom se woordvoerder, gesê.

Eskom het in ʼn bulletin wat Maandag aan sy werknemers gestuur is, gesê daar is ʼn groot risiko dat beurtkrag Donderdag en Vrydag kan voorkom.

Die kragvoorsiener sukkel sedert die begin van November om die ligte aan te hou nadat een van sy steenkoolsilo’s by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort het.

Die kabinet het intussen  ʼn vyfpuntplan aangekondig om die elektrisiteitskrisis te hanteer en het ʼn “tegniese beheerkamer” op die been gebring om die plan uit te voer. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

As dinge van die begin reg gedoen was soos dit hoort, sou hierdie berig nie nodig gewees het nie, vyfpuntplan is reeds te laat. Onbevoeg is die hoofrede.

Pieter ·

Laat die bestuurshoof se salaris halfveer word hy pay 60 mense se salaris en sy werk doen. Hy pay te veel en doen glad niks. Vir iemand wat so baie pay moet hy kan strategiese beplanning op hoer graad toepas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.