Beurtkrag ook oor naweek ingestel

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Fase 2-beurtkrag sal Saterdag en Sondag tussen 16:00 en middernag ingestel word.

Eskom het Vrydag in ʼn kort verklaring gesê dat toenemende druk op die stelsel en ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit die verskaffer nie toelaat om beurtkrag op te hef nie.

Die kapasiteitsprobleme is verder vererger deur ʼn vertraging in die herstel van drie opwekkingseenhede by die Koeberg-, Kusile‑ en Tutuka-kragstasie, asook onbeplande onklaarrakings van ʼn opwekkingseenheid by die Camden-kragstasie, en nog een by die Medupi-kragstasie. Twee opwekkingseenhede het ook by die Hendrina-kragstasie opgepak terwyl vier eenhede by die Arnot-kragstasie die gees gegee het.

“Sommige opwekkingseenhede sal na verwagting oor die volgende paar dae weer in werking wees,” het Eskom gesê.

Die verskaffer het nie verdere inligting oor omkeertye van herstelwerk verskaf nie.

Altesaam 3 571 MW word tans aan beplande instandhoudingswerk afgestaan, terwyl 15 624 MW se kapasiteit weens ander probleme nie beskikbaar is nie.

Volgens Eskom sal beurtkrag met die herstel van noodreserwes help, wat oor die afgelope paar dae gebruik is om aan die aanvraag na krag te voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mariana ·

Eskom moet nou die hulp aanvaar wat aangebied is. Hulle vra al hoe meer geld van publiek maar versuim steeds om ons te gee waarvoor ons moet betaal. Verwaand van hulle om verhogings van tariewe te vra maar ons moet steeds beurtkrag verdra. Gee die kundiges ‘n kans om die kragreus reg te ruk, asb.

Antie Sarie ·

Hulle sal nooit die hulp aanvaar. Want dan sal mense sien daar is inderwaarheid niks fout

Jacobus ·

Dit is nie Eskom nie. Eskom is net die SEO wat en nog altyd deur die ANC regering as n melkkoei gebruik word. Soos die petrol prys. Ons kla nie oor Shell, BP,Caltex of ander nie ons kla oor die petrol prys wat deur die regering bepaal word. Eskom is soos n opgebruikte tweedehandse kar. Dit moet net finaal tot stilstand kom.

JohanEtz ·

Niks kom ook van sy edele die CR se blink krag plannetjies nie!!!

Kenny ·

Eskom dit bly by 15000 + MW wat nie beskikbaar is nie al vir hoelank al werk julle of werk julle nie
Lyk my julle werk nou al aan n plan vir nog n 7% verhoging en dit net om n oorpak aantetrek voor julle by die skoene kom wat nog van werk

hendrie ·

Wat is Die Ruiter en sy pel Oreborsel se e-pos adresse?
My gesin en ek wil graag dankie sê dat ons darem die eerste helfte van die Bokke/AB’s se toetswedstryd in Nelspruit op tv mag sien. Die res van die wedstryd is nag vir ons en hoop maar dat dit nie ook die Bokke se voorland gaan wees nie.
Groetnis van ‘n voos ge-beurtkragte familie.

Sarel ·

Het al geva….hoe is dit moontlik dat Eenhede by verskillende Kragstasies op dieselfde tyd onklaar kan raak
Laat my dink dit word beplan.
Hoe lank word Instandhoudingswerk gedoen en dan breek die Eenhede steeds…..baie gerieflik Eskom…is nie julle wat met die probleme moet cope nie

Harley Davidson ·

Pleks herken hulle net hulle kan nie ‘n week vooruit beplan nie vir obvios reasons en erken dat die SEB hulle gekelder het en dat dit geskrap gaan word sodat kundiges kan oorvat en ons almal weer betroubare krag toevoer sal he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.