Beurtkrag ook Vrydag toegepas

kers.jpgEskom het aangekondig dat hy Vrydag ook beurtkrag sal toepas.

“Fase 2-beurtkrag sal vandag van 08:00 tot 22:00 toegepas word,” het die kragvoorsiener gesê.

Eskom het ook Donderdagoggend van 08:00 af fase 2–beurtkrag toegepas waarna fase 3-beurtkrag omstreeks 16:00 begin het. Donderdag was die eerste keer hierdie jaar wat Eskom fase 3-beurtkrag toegepas het.

Fase 1-beurtkrag maak voorsiening dat tot 1000 MW se kragverbruik gesny word, fase 2 tot 2000 MW en fase 3 maak voorsiening vir die sny van tot 4000 MW se kragverbruik.

Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.

Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Doreen ·

Beurtkrag. Sal dit nie beter werk as hul slegs 1 uur elke die hele land se krag afskakel nie, doen dit 3x deur die dag, ipv 3-6 ure op een slag. besighede sal ook nie soveel verloor nie.

Madelein ·

Maar verduidelik asb aan my, City of Tshwane, hoekom Mamelodi en Hammanskraal nog nie beurtkrag gehad het nie? Is daar binnekort ‘n verkiesing wat ek nie van weet nie? ;-)

Canned Phantom ·

Madelein, kom ek verduidelik vir jou; Pretoria het sy eie kragstasie (Rooiwal) wat nie onder Eksdom se jurisduksie val nie. Daardie gebiede , soos Mamelodi en Capital Park is die beurtkrag petalje gespaar. Daar is heelwat ander gebiede wat deur Rooiwal gevoer word.

anet ·

Daar sal ‘n oplossing en middeweg gevind moet word vir die beurtkrag. Gister was ‘n nagmerrie op die paaie. Dit het my twee ure geneem om 7 kilometer te ry met my motor, en ‘n halwe tenk brandstof later. Ek dink al die Suid-Afrikaners is so moeg en voos om die pakslae te verduur as gevolg van ruggraatlose instansies. Ek verstaan ook dat ons meer gaan betaal vir elektrisiteit want daar gaan ‘n verhoging ingestel word. Dit is ‘n groot skande Eskom !!!!!

Madelein ·

En dan betaal Mosambiek 60% minder vir hul krag as ons en hul het geen beurtkrag nie! En ons moet nou opdok vir die verlies aan inkomste van Eskom! Hoe werk dit?

SNEL ·

Kan daar nie mense aangestel word om die probleem op te los nie, wat ook al gedoen moet word, maar iemand wat die leisels kan vat en weet wat hy/hulle doen, sodat die probleem nie vererger nie, maar dat die land uit hierdie kragprobleem kan kom. So kan dit mos nie aangaan nie, dit raak net erger en niks verbeter nie.

Pieter ·

Ja SNEL. Dit sal werk. Kyk maar wie nou aangestel is om die SAL te red. Maar ‘kundige’ mense word net as ‘n absolute laaste uitweg aangestel nadat dit basis te laat is. Ongelukkig is die regte persoon vir hierdie tipe werk meestal nie die regte kleur nie, en pas dus nie in by die regring se plan nie.

scalla ·

pateties, kan die goed nie besef hul kan nie die job doen nie, smaak my die tor het afgeval.

Madelein ·

Elke oggend vra ek my huiswerker hoe lank hulle krag af was gedurende “loadshedding”. Elke oggend is dit dieselfde – “ons krag was glad nie af nie” . Vanoggend was dit dieselfde antwoord.

My vraag: hoekom is Mamelodi en Hammanskraal nie ook op “loadshedding” nie?

Rene ·

MAMELODI extension 0, 1, 10, 11, 12, 13, 15, 17, 18, 2, 20, 22, 24, 26, 27, 28, 3, 31, 4, 5, 6, 7, 8
Skedule 1 Mamelodi – 5 Tue, Thu, Sat, So 14:00 to 16:30
Skedule 2 Mamelodi – 5 Mon, Tue, Wed, Thu, Fri, Sat, So 14:00 to 16:30
Skedule 3 Mamelodi – 5 Mon, Tue, Wed, Thu, Fri, Sat, So 06:00 to 08:30 & 14:00 to 16:30
Hammanskraal val onder geen skudules nie.

Estelle ·

Ons betaal deur ons ore vir krag! Ons yskaste pak op van die alewige “loadshedding, ons kos raak sleg, en dit alles omdat ons wonderlike ESKOM/REGERING geld gemors het op ander k.k! Ek wil weet hoekom kan ons nie eise instel teen ESKOM vir alles wat ons verloor en moet vervang nie, deur hulle toedoen!! Vandag kan jy mos eise instel vir amper enige iets denkbaar!!!

Bets Makkink ·

Ons het al Woensdag van 10:30 tot 19:30 kragonderbreking gehad. Wat praat hulle vanaf Donderdag. Donderdag was ons sin 13:30 tot 16:30 af. Ek het al lankal begin dat my huishulp, wanneer sy 08:00 inkom stryk en stofsuier oorsit. Die tuinjong moet onmiddelik grassny en kante sny. Daarna kan hulle die werk doen wat nie krag nodig het nie. Ek sit al die vorige aand nadat ons aldrie gestort het die geyser af en sit hom weer die volgende aand 19:00 aan. Dan kan ek glad nie kla dat die beurtkrag my lewe oorneem nie. Het ‘n gasstoof om koffie te maak.

V ·

Hoekom hou hulle nie ook net by die tye nie.Maar dit is mos lekker vir die werkers smile mos breedt as die krag af is dan hoef ons mos nie te werk nie maar ons kry nogsteeds ons salaris-dis mos hul houding.Omdat die hele land in verkeerde hande is.

piet ·

Julle mense verstaan nie, kom werk op die kragstasies dan sien julle waaroor dit gaan. Elke kiepie kan die werk stop of vertraag vir die simpelste rede dit maak nie saak hoe lank n eenheid staan nie. Ek dink 25% van SA se krag word gesteel, 25% word verniet of cheap weggegee, 25% word nie geproduseer nie vir allehande simpel redes, en 25% word ten duurste verkoop aan die xxx werkende klas, en so gaan dit maar in SA op alle gebiede, jul moet dit maar gewoond raak daar nie lig in die SA tonnel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.