Beurtkrag opgehef, só lyk vooruitsig

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Eskom het Vrydagoggend aangekondig dat beurtkrag opgehef is nadat drie opwekkingseenhede oornag weer in gebruik geneem is.

Volgens die kragvoorsiener het sy aanbodbeperkings genoegsaam afgeneem om beurtkrag op te skort. “Dit beteken ook dat geen beurtkrag vir die res van die naweek verwag word nie.”

Drie eenhede by die Lethabo-, Medupi- en Kusile-kragstasies is weer in bedryf gestel terwyl ʼn ander eenheid by Kusile buite werking gestel is vir herstelwerk.

Onbeplande onderbrekings staan op 8 750 MW. ʼn Verdere 4 500 MW is ook nie tans beskikbaar nie weens beplande instandhoudingswerk.

“Eskom versoek mense om steeds elektrisiteit spaarsamig te gebruik aangesien die verouderde infrastruktuur onvoorspelbaar, onbetroubaar en wisselvallig is.”

Enige agteruitgang in die kragvoorsiener se opwekkingsvermoë kan tot gevolg hê dat beurtkrag weer op kort kennisgewing toegepas word.

“Eskom wil graag die land se mense bedank vir hul bystand en geduld tydens die uitdagings met beurtkrag.”

Eskom het Dinsdag weer beurtkrag begin instel nadat die kragvoorsiener gesê het die kouefront wat oor die land beweeg, veroorsaak erge druk op die kragnetwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Die infrastruktuur is oud en onbetroubaar… Swartgalle wat dink hulle weet hoe Westerse konsepte werk…

Cornelius ·

“Oud en onvoorspelbaar”omdat ons in die 26 jaar vandat ons aan bewind gekom het geen instandhouding werk gedoen het nie. Die groot salarisse, die Hamburger en die KFCs was baie belangriker. Eish.

Persheks Adri ·

Eskom is altyd onstabiel!!! Ons betaal mos vir krag regtig waar so doen julle werk waarvoor julle betaal word! Pateties verby en gatvol vir verskonings. Glo my ons wil NIKS meer betaal nie juis oor die patetiese dienslewering vir GEEN diens 99% van die tye. Blameer apartheid dis cool, maar ons het NIKS load shedding gehad voor die regering nie!!!

#Pateties

Persheks Adri ·

Moet ons nie bedank nie betaal ons vir die ongerief!!!

“Eskom wil graag die land se mense bedank vir hul bystand en geduld tydens die uitdagings met beurtkrag.”

#Tsek Eskom!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.