Beurtkrag opgeskort

(Argieffoto: Steve Johnson/Unsplash)

Goeie nuus vir Suid-Afrikaners is dat hulle – vir nou – beurtkragvry is.

Vroeër is beurtkrag minstens bedags opgeskort, maar fase 2 het steeds tussen 16:00 en 05:00 gegeld.

Eskom sê danksy verbeterde opwekkingskapasiteit word beurtkrag tot verdere kennisgewing nou heeltemal opgeskort.

Die kragvoorsiener sal weer ʼn aankondiging doen indien enige noemenswaardige veranderings plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Hmmmpffff ………… vir hoe lank? Ek wonder waarheen al die mense wat so vreeslik krag verbruik gedurende gewone werksure en -tye heen verdamp het vir die vakansie? “Elders” heen … waar hulle níé krag gebruik nie?

Marthinus Johannes ·

Helse Groot slang in die gras, geen beurtkrag deur die dag wanneer die aanvraag en gebruik hoog is en deur die nag waar verbruik en aanvraag laer is word beurtkrag toegepas.

Delia ·

Weer n langnaweek. So nou het land skielik voldoende krag. So ons kan darem ook weet Kersfees en NuweJaar gaan ons ook genoeg krag hê.

annie ·

… dit moet die bokkie met sy rooi langlewe-gloeilampneus wees wat Eskom uithelp…

Papsak ·

Nee kyk hier is iets nie lekker nie lang naweek en nou is krag kastig op dreef nou hoe nou maar vir hoe lank tot maandag dan is beurtkrag terug ag flous julle self eskom asb

Casper ·

Ons moet seker asem skep met die tydelike vergunning tot fase 6 weer toegepas word.Die noodreserwes kan net solank hou.

RS ·

Hou op om oor dit verslag te lewer. Dis 5 minute dan tree stage 4 of 5 weer in.

Chriszelle ·

Laat ons kyk vir hoe lank dit gaan aanhou…
Hul probeer seker nou goeie punte score sodat mense vir hul sal stem in verkiesings tyd…
Sien is glo hopenlik bly di krag aan tot 1 Januarie net om seker te begin op 2 Januarie met skedul 4

KB ·

“What is a mind if you can’t change it”…die nuwe ANC-slagspreuk.

Sues ·

Daar is geen loadshedding nie, dan sit hulle dit net om ‘n ander rede af.
Ons krag het 15:00 afgegaan en dis blykbaar ‘n probleem op die lyn.
Gewoonlik gaan die krag dan net iewers deur die nag of vroeg oggend weer aan want Eskom werk nie oortyd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.