Beurtkrag opgeskort

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Vrydag fase 1-beurtkrag opgeskort nadat dit vroeër die dag aangekondig is dat die kragonderbrekings tot 22:00 sou voortduur.

“Ons het net na 17:00 die beurtkrag opgeskort,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Ons het ʼn verbetering in ons kragopwekkingkapasiteit gesien.”

Hy het gesê die aanvraag na elektrisiteit is ook Vrydagaande minder as ander weeksdae.

Eskom het vroeër op sosiale media aangekondig dat hy met fase 1-beurtkrag begin.

Die maatskappy ondervind probleme met sy kragopwekkers nadat twee kragopwekkers Woensdag onklaar geraak het. Slegs een van die kragopwekkers is intussen herstel.

Intussen het Khulu Phasiwe, woordvoerder, gesê die finansiële kwessies is deels verantwoordelik vir die kragonderbrekings. Hy het gesê instandhouding is sedert 2010 uitgestel.

Die Maiil & Guardian het Vrydag berig Eskom het, volgens die minister van openbare ondernemings, slegs 21 dae oor voor bankrotskap. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Volgende week gaan letterlik en figuurlik “nag” wees wanneer die skole en meeste fabrieke weer begin ! Wees voorbereid !

Gerhard Bezuidenhout ·

En dan gorrel Zuma dat dit apartheid se skuld is dat Eskom nie genoeg krag kan opwek nie . Vraag is wat het hy en sy BEE kaders in 21 jaar gedoen om tred te hou met die aanvraag . Niks. Netsoos met ons paaie en vele ander aangeleenthede teer hulle op n karkas totdat daar niks oorbly nie . Indien ons land in donkerte gedompel word gaan die gevolge katastrofies wees . Die oplossing is om kundiges terug te bring . Mense met die nodige kennis en visie maar dit sal die idiote nooit doen nie. Zuma en sy misdaadbende is die handrem wat SA aanhou briek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.