Beurtkrag reeds van Dinsdagoggend toegepas

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het Dinsdagoggend aangekondig dat beurtkrag van 06:00 toegepas sal word.

“Eskom kondig met spyt aan dat fase 2-beurtkrag van 06:00 tot 22:00 vandag toegepas sal word. Beurtkrag is ’n noodsaaklike maatreël om die kragnetwerk te beskerm,” het die kragvoorsiener gesê.

Volgens Eskom is die kragnetwerk onder druk en kan enige verandering daartoe lei dat ’n ander fase beurtkrag op kort kennisgewing toegepas word. “Eskom vra opreg om verskoning vir die ongerief.”

Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang, kan die beurtkragskedule hier sien. Gebruikers wat deur hul munisipaliteit elektrisiteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

“Eishkom”. Dis nou ‘n toepaslike naamsverandering.

johannes ·

Ag asb Eskom julle veskoning is nie eers die verskoning werd wat julle gee nie.Vir 20 jaar het julle tyd gehad om infrastrukture te bou en instandhouding te doen maar in plaas daarvan pomp julle julle persoonlike bank rekeninge vol met bonusse wat julle nie verdien nie en die ANC steun julle in alles.Hou op verskoning vra en doen iets om die probleem op te los en SA ekonomie ly ook daar onder.

Jo ·

Dis unfair !!! Dis nou my beurt om bietjie krag te kry. Wat `n sirkus !! Die land is `n onuitputbare bron van bespotting in die buiteland en die president word beskou as `n wandelinde verleetheid vir die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.