Beurtkrag regdeur die week ingestel

(Argieffoto: Reint Dykema)

Eskom het Sondag laatmiddag aangekondig fase 2-beurtkrag sal regdeur die week ingestel word.

Dit sal egter slegs saans tussen 17:00 en 22:00 geld. “Weens ʼn aansienlike verlies aan kapasiteit, moet Eskom noodgedwonge beurtkrag saans vir die res van die week instel,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

“Hoewel dit soms nodig kan wees om beurtkrag ook buite dié tye in te stel, sal Eskom sy bes doen om beurtkrag tot piektye in die aand te beperk, ten einde aan die verhoogde aanvraag na krag saans te kan voldoen.”

Eskom het Sondagoggend beurtkrag van fase 4 na fase 2 afgeskaal, aangesien verskeie opwekkingseenhede sedert Saterdagmiddag tot die kragnetwerk gevoeg is. Dit blyk egter nie genoegsame kragopwekkingskapasiteit te voorsien vir Eskom om beurtkrag dié week af te skaf nie. Amper 15 000 MW is boonop steeds buite werking weens onbeplande onderbrekings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

marius ·

Tussen 17h00 en 22h00 het ons juis krag nodig . Patetiese spul misluktes !

piet ·

Dit is so en gaan verseker baie ontwrigtend wees gedurende winter. Die positief is dat meeste besighede darem nie geraak word nie. Dit laat mens wonder of dit in die verlede altyd nodig was om beurtkrag gedurende kantoorure toe te pas.

JohanR ·

Lyk my daar gaan elke aand maar ‘n braaivleis vuur moet gemaak word. Kuier, eet en suip die winter deur!

KatjieDeKat ·

Ons is nie almal ryk genoeg daarvoor nie. Party van ons kan Een keer n maand braai As ons gelukkig is.

Marcello ·

Dit is nie misluktes nie, dit is mense wat deur die regering voorheen aangestel is,, wat nie die maatskappy kon bestuur nie. Gelukkig het Andrè de Ruyter aan die stuur gekom, hy moet nou regmaak wat 28 jaar verkeerd gedoen is. Dankie tog vir dit !!!!!!!!

Manie ·

Nog ‘n onderbreking weens sabotasie, hierdie keer probeer hulle dit nie eers wegsteek nie. Sabotasie van ‘n NSP is gelyk aan hoogverraad en behoort met erns ondersoek en gestraf te word, dit kan nie te moeilik wees om die skuldiges op te spoor nie. Weens die erns van die saak behoort almal aan diens aan ‘n poligraaf toets onderwerp te word om hul geloofwaardigheid tydens ondervraging te bepaal.

Wondermaarnet ·

Dit moet intern wees, want wie gaan ‘n eskom perseel binne met sekuriteit wat die perseel oppas? Net te toevallig dat dit elke keer ‘n groot kabel is wat gesny word. Dit gaan goedkoper wees om meer kameras te installeer by eskom persele as wat dit gaan kos om elke keer kabels te vervang.

Swerwer ·

Belaglik, Sit krag af wat hul bepaal as piek tyd. Kan diesel/en petrol van Eskom ge-eis word vir die kragopwekkers wat gebruik moet word om die kinders tegemoed te kom met hul huiswerk en studente met hul studies?

Casper ·

Verskonings, verskonings, verskonings. “weens onbeplande onderbrekings”. Die hele Eskom is ‘n onbeplande onderbreking. Onderbreking van verstand.

Rose ·

Ek is oortuig dat elke beweging in hierdie land: veral Eskom, opstande ens word gemanipuleer vanaf die President en sy kabinet!!!!

Samuel ·

Waarom neem dit so lank vir die SAPD om op Eskom se klagtes te reageer? Die boewe moet redelik maklik opgespoor te word. Ons is al voos geslaan met al die verskonings.

Frank John ·

Moenie worry nie, Jesus kom een van die dae dan is al die probleme iets van die verlede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.