Beurtkrag: Regering moet dringend sê oor IPP’s – Kaapstad

Argieffoto (Foto: Jukka Niittymaa/Pixabay)

Stad Kaapstad sê ná beurtkrag weer ingestel is omdat verskeie kragopwekkingseenhede onklaar geraak het, benadruk die behoefte dat die regering die proses moet versnel om munisipaliteite in staat te stel om elektrisiteit direk aan te skaf van onafhanklike kragprodusente (IPP’s).

Stad Kaapstad is tans in staat om die impak van beurtkrag te verminder waar moontlik. Inwoners is tans slegs op fase 1-beurtkrag en nie fase 2-beurtkrag (Eskom se beurtkrag-fase) nie, omdat die munisipaliteit die stad kan beskerm met reserwe kragopwekkingskapasiteit.

Wysigings aan die nasionale elektrisiteitsregulasies, wat in Oktober 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is, het die weg begin baan dat munisipaliteite direk elektrisiteit kan aankoop by IPP’s. Stad Kaapstad is in gesprek met die nasionale IPP-kantoor in die nasionale tesourie om hom te help om ʼn raamwerk te ontwikkel vir ʼn munisipale aanskaffingsprogram vir stede.

“Die nasionale tesourie en die publiek ondersteun ons inisiatiewe, en die deursigtige aanskaffingsproses wat ons van die begin af gevolg het,” sê Greg Wagner, woordvoerder van die uitvoerende burgemeester. “Tenderprosesse en suksesvolle aansoeke sal afgehandel moet word voor enige moontlike aanskaffing kan plaasvind.”

Wagner sê Stad Kaapstad het egter dringend duidelikheid nodig van die nasionale minister oor die praktiese inwerkingstelling van die gewysigde regulasies.

“Stad Kaapstad werk hard om bekostigbare, betroubare en skoner energie te verskaf aan inwoners in Kaapstad en in Suid-Afrika. Beurtkrag het ʼn negatiewe impak op die vermoë van die ekonomie om te groei en beperk noodsaaklike werkskepping. Die Covid-19-pandemie het ʼn verdere impak gehad op die nasionale ekonomie. Ek maan dus die nasionale minister om vir ons duidelikheid te verskaf sodat ons kan voortgaan met aanskaffing van IPP’s.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

daniel ·

En wie moet ons bedank vir die groot gemors waarin die land himself bevind?.

Tiptol ·

Die anc kan niks regdoen nie, maar hulle wil alles self doen. Geen wonder daar is semigrasie na Wes Kaap toe nie.

Genis ·

Nou waar is die sogenaamde Solar Plaas Projekte wat verligting sou bring?

4ntj13 ·

Hulle gaan by die myne te veel verloor. Wens die prez wil dit nou deurdruk ek klaar kry. Veral nou in die Winter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.