Beurtkrag-risiko bly hoog

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Sondagaand omstreeks 22:00 beurtkrag vir die dag opgeskort en die kragnetwerk gaan die res van die week ook onder “erge druk” wees.

Eskom het die naweek landwyd fase 2-beurtkrag toegepas en al sy gebruikers bedank wat hul elektrisiteitsverbruik verminder het. Eskom het ook om verskoning gevra vir die ongerief wat dit aan die betrokke gebruikers veroorsaak het.

“Die stelsel sal hierdie week ook onder druk bly, so die risiko vir beurtkrag bly hoog,” het Eskom gesê. “Daar is ʼn tekort aan opwekkingskrag weens eenhede wat tans weens beplande en onbeplande instandhouding nie krag aan die netwerk kan voorsien nie.”

Die fokus is om die eenhede, wat onvoorsiend van die netwerk afgehaal moes word, so gou as moontlik weer aan die gang te kry.

“Eenheid 1 by Koeberg word vanaf Maandag afgeskakel vir ʼn geskeduleerde inspeksie en instandhouding. Die eenheid sal na verwagting teen die einde van Mei weer beskikbaar wees,” het Eskom bygevoeg.

Die maatskappy het Suid-Afrikaners gemaan om steeds spaarsamig elektrisiteit te gebruik om die erns van beurtkrag te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ilana ·

Ons sal seker maar gewoond moet raak aan die beurtkrag-ding. Wat my wel vies maak is dat Eskom dan sus en dan so sê. Moenie sê beurtkrag is afgelas en dan word daar wél beurt krag toegepas nie! Dis was nou al ‘n paar keer die geval. Ons besef baie goed dat Eskom nie kan beplan nie, maar gun ons, die arme verbruikers dan die kans om te kan beplan!!

Swanna ·

Die regering van die dag wil graag die land in wanorde dompel. Dit is hoekom daar nie by die beplande beurt krag program gehou word nie. Sodat JY nie kan of mag beplan nie en hulle jou kan rond neuk soos hulle lus is en JY geen beheer oor jou eie dinge mag hè nie.

Renette ·

Miskien as die gaverment die straat ligte afsit deer die dag en nie laat dit 24 uur brand nie sal dit ook n bietjie help

Ghost ·

Hoe kan iemand in n pos wees wat nie kan beplan of voorsiening maak nie. Kry kundige mense wat die werk kan doen want Eskom se huidige bestuur kan nie.

Deon ·

ESKOM (ESKDOM) het al weer `n sperdatum gemis!

Die volgende berig is van Chris Yelland ontvang: Breaking News: Eskom extends deadline for 1st synchronisation of Medupi Unit 6 by a futher 6 weeks from mid Feb to end Mar 2015. Dit is net weer `n bewys dat Eskom nie geglo kan word nie. Die eerste belofte was dat die eenheid (unit 6) aan die einde van 2013 in werking sal wees. Die tweede belofte was dat dit 24/DES/2014 in werking sal wees. Die derde belofte was dat dit 15/JAN2015 sal wees en die vierde belofte was dat dit 15/FEB/2015 sal wees. Die vyfde belofte is nou dat dit tot die einde MAR/2015 uitgestel is. Kan ons dit glo? Ek wonder of die sogenaamde eenheid 6 ooit in werking sal wees, dalk nie in ons leeftyd nie.

Ek so gaan die ANC regering en sy kaders voort om alle infrastrutuur en die ekonomie in die land te vernietig. Maar wat gebeur met die volgende verkiesing? Die stemvee stem maar weer die ANC in. Die bevolking en die land word gyselaar gehou deur miljoene onopgeleide en dom wesens.

Marietjie ·

Deon jy kon dit verseker nie beter gesê het nie en dit is presies hoe ek voel, die gyselaar van dom mense wat groot besluite moet neem en geensins bevoeg is om dit te doen nie. Dit is skrikwekkend dat mense wat wel die breinkrag het om hierdie land behoorlik te bestuur nou onnodig geword het in Suid Afrika en die dom mense ploeter maar net voort met ons ander wat nie `n ander keuse het as om maar agterna te ploeter teen `n gevaarlike spoed afgrond in nie!

Jacomina Visagie ·

Goed, ons moet vrede maak met beurtkrag, dits fine want dit word op ons afgedwing, maar kan Eskom darem ten minste hulle fases uitsorteer, ek het ‘n uitdruk van die areas en die fases gemaak….gister (Sondag) sê julle nou self was fase 2???? waarin dit sê vir my area die krag tussen 12 en 14:30 moet af wees, nou hoekom was my krag dan gisteraand net na 8uur af?? dit raak darem nou te dik vir n daalder as mens nie eers op HULLE program kan staatmaak nie. A NEE A! ek voel regtig lus om iemand te skop, wens net ek het geweet watter jack om te gaan skop.

Hendrik ·

Mense moet verstaan dat as daar iets tegnies fout is , is daar iets tegnies fout. Dit is belangriker om die netwerk te beskerm. Indien die netwerk val sit die land vir ten minste 2 weke sonder krag en dan sal die ekonomie in ‘n depressie in gedruk word. Onthou as die elektrisiteit netwerk val, is daar geen water toevoer na reservoirs en riool pompstelsel werk ook nie. Liewer beurtkrag as elende. Hou maar die gasstofies reg en DSTV herhaal gelukkig programme 20x ‘n maand :-) Wat by Eskom gebeur is nie in ons hande en ons kan niks daaraan doen nie. Die enigste pro-aktiewe dinge wat ons kan doen is om groen te gaan en ons lewensstyl te verander. By die stembusse gaan die minderheidgroepering niks regkry nie. Burgerregtegroepe werk beslis.

sarie ·

Ek wil net vra :so terloops ons yskaste hou nie met die krag wat afgaan elke aand,kan ons dan yskaste verwag van iemand,myne ht gegroet.

CHRISTA ·

Die probleme wat by die kragstasies ontstaan is agv nalatigheid – die kragstasies is nooit behoorlik onderhou nie. Die ANC dink mos as iets gebou is hou dit vir ewig. Hulle onderhou nie eers ons paaie nie. Kyk na ‘n vorige berig op maroela waar mense in Witbank self moet inspring om paaie wat uitmekaar val te herstel. Net aan hulle privaat huise word geld bestee – belastingbetalersgeld!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.