Beurtkrag-risiko hoog die naweek, sê Eskom

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom het gesê beurtkrag sal waarskynlik oor die naweek voorkom aangesien elektrisiteitsvoorsiening steeds onder druk is.

“Terwyl ons verwag om vandag [Donderdag] en môre [Vrydag] aan die vraag na elektrisiteit te voldoen, is daar ʼn baie hoë risiko dat beurtkrag oor die naweek sal voorkom,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Eskom gebruik die naweek om beurtkrag toe te pas, met die opset om die impak op die ekonomie te probeer beperk.” Die druk op die kragnetwerk is deels as gevolg van “dringende beplande instandhouding” by die Cahora Bassa-kraglyn.

“’n Gedeelte van die kapasiteit word normaalweg van Cahora Bassa ingevoer maar sal Sondag nie beskikbaar wees nie aangesien die kragstasie dringende beplande instandhouding sal ondergaan. Die naweek sal ook gebruik word om waterreserwes op te bou vir die pompopgaarskemas wat water gebruik om elektrisiteit op te wek.

Eskom moet ook sy dieselreserwes opbou vir volgende week. “Die kapasiteit wat beskikbaar is om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen, sal verminder word en sodoende die noodsaaklikheid van beurtkrag laat toeneem.”

Eskom het weer ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul geisers, lugversorgers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle gedurende die dag af te skakel ten einde die druk op die stelsel te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Ons skakel alles af…maar die lokasies wat die kragnetwerk bloei…doen niks…gaan kyk maar terloops ook…as die krag af is in die stad…sal dit nie die geval wees in die lokasies nie…En Ons BETAAL daarvoor.

Cathy ·

presies lokasies se ligte brand ons het n besigheid in morehill industrial en ons masjiene word opgeneek met aan en af sittery vat ons n uur plus om hulle elke keer weer warm te kry sodoende gebruik ons meer krag en weet nooit wanneer gaan krag af kom werkers in vir oortyd dan sit hulle net want mens weet nie wanneer gaan dit af en weer aan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.