Beurtkrag-risiko hoog

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Dinsdag gesê die kragnetwerk is onder druk en dat dit die waarskynlikheid van beurtkrag dié week verhoog.

Volgens Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, doen die kragreus alles in sy vermoë om die stelsel in stand te hou, maar beurtkrag sal in werking gestel moet word indien tegniese probleme ondervind word.

Eskom sukkel al geruime tyd om die ligte aan te hou weens gebrekkige infrastruktuur en ʼn agterstand in instandhouding. In Februarie is Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, en drie ander senior bestuurslede geskors hangende ʼn onafhanklike ondersoek na die kragvoorsiener se sake en uitdagings. Tsholofelo Molefe, finansiële direkteur, Dan Morokane, groepkapitaalhoof, en Matshela Koko, tegnologiehoof, is saam met Matona geskors.

Matona het intussen die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) genader oor sy “onbillike skorsing”. Ben Ngubane is aangestel as waarnemende voorsitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elize ·

Dis ons land, ons sit in die donker, vrek van die honger en een van die dae vlieg ons geagte president en ministers dalk met hulle 2 miljard rand se stralers oor donker Suid-Afrika. Hoop u hoogheid geniet dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.