Beurtkrag SA se voorland op lentedag

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Suid-Afrikaners gaan dele van hul lentedag in die donker deurbring nadat Eskom aangekondig het hy gaan beurtkrag toepas.

Volgens die kragvoorsiener is sy netwerk onder groot druk weens talle opwekkingseenhede wat buite werking is. Fase 2-beurtkrag sal van 12:00 tot 22:00 toegepas word nadat 10 opwekkingseenhede by sewe kragstasies in die afgelope 48 uur met tye buite werking was.

Opwekkingseenhede by die Arnot-, Medupi-, Lethabo-, Matla-, Majuba-, Camden- en Tutuka-kragstasies was met tye buite werking en volgens Eskom het dié kwessie en die nodigheid om sy noodreserwes te bewaar hom genoop om beurtkrag toe te pas.

Onbeplande onderbrekings staan op 11 665 MW terwyl 4 558 MW vir beplande instandhouding afgeskakel is.

“Enige verdere agteruitgang in die opwekkingsvermoë kan daartoe lei dat beurtkrag toeneem.”

Eskom het gesê weens die onbetroubaarheid en wisselvalligheid van sy verouderde infrastruktuur sal die kragnetwerk vir die res van die week onder druk wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Persheks Adri ·

Regtig? WEER in die koue en ons moet betaal vir patetiese diens! Ons gaan op hou betaal julle maak naar. Flou verskoning en gaan doen julle werk man

#Tsek Eskom tsek

Persheks Adri ·

Regtig WEER in die koue en ons moet betaal! Eskom julle is onstabiel. Ons is ook onder druk van alle kante af so doen julle werk waarvoor julle betaal word!

Pieter ·

De ruiter sal niks reg kry by eskom nie hy is maar net daar vir die geld. Hy het geen agter grond van krag nie hulle kon net so wel my vrou sy pos gegee het sy kan darm n krag prop aan sit.

Yolandie ·

Bietjie onregverdig om De Ruyter te blameer vir alles wat fout is by Eskom. Kyk watter gemors het hy geerf…..die kragreus was geldelik in ‘n verknorsing en die infrastuktuur ook uit die apartheidsare (nooit behoorlik in stand gehou nie). Om nie eers te praat van die reuse flater wat die nuwe kragstasies is nie. Ongelukkig gaan al die issues nie oornag verdwyn nie.

Michael ·

Ou de Ruiter is so diep in die ANC se “sak” jy sien net sy skoensole so hy kan nie om hom kyk om te kan sien wat om te doen nie. Geen van hierdie openbare ondernemings sal ooit suksesvol wees solank die ANC regeer nie-dis hul persoonlike spaarvarkies.

gatgogga ·

Ek glo nie daardie klomp sal vir de Ruyter samewerking gee nie. Hoe kan hulle nou toelaat dat ‘n witman hulle gemors kom regmaak?

RS ·

Moes dit verwag het. Dit het te goed verloop die laaste klomp dae toe dit so koud is.

annie ·

Eskom is tog so bang hy oorheers nie elke dag en nag van ons lewens en beursies nie. Tariefverhogings en bonusse is mos die 47 000+ werkers se reg en overtime ‘n ‘moet’. Die ‘ou’ strukture word telkens voor ons kop gegooi as hoofrede. Ons weet wat dit beteken: Atoomkrag. Oom Matrassie wil daai pad inslaan ipv skoon krag want dit klink so hip en die oom is hoeka so vir’lig’.

Hendrik ·

Beurtkrag is baie nadelig vir die ekonomie en gebeur nou al ‘n paar jaar. Meeste klein besighede moes nou al teen die tyd alreeds ‘n eie rugsteun stelsel in plek gahad het. Huis inwoners moes nou alreeds sy gasstoof/stofie en yskas oplossing in plek gehad het. Ons weet nou mos ons moet dit doen. In die toekoms voorspel ek dat Eskom net die vermoe gaan he om aan staatsintiteite, skole, hospitale en swaar industriee krag te lewer. Woongebiede sal maar hulself moet help.

MAGRIETHA ·

De ruiter moet regmaak wat eskom in 25 jaar afgebreek het geen maintanance gedoen nie Hy het gewaarsku 18 maande beurt krag en hy hou by sy woord vorige bestuur het nie eens gewaarsku nie ons moet ma vasbyt As enig een beter kan doen gaan wys ons ja dis vir almal ongemaklik

Simon ·

My ouma het op haar 99 ste vejaarsdag, toevallig ook op 1 September, haar lang lewe aan ‘n streslose een toegeskryf hoofsaaklik weens die feit dat hulle daar op hul plaas in die rigtersveld, nie van ESKOM afhanklik was nie. Olielamp, wind-yskas, kole-strykyster, kookskerm buite lands die huis en baie jare later ‘n ou windlaaiertjie net om die belangrikste eletroniese goed aan die gang te hou.

Adam Adriaan ·

Voor 1994 het die ANC aan almal verkondig, dat alles gaan verniet wees. Vry krag, vry water, vry behuising vry alles. Koppies was te klein en is nou nog, om te verstaan dat alles in die lewe kom met ‘n prys. ” There is no such thing as an free meal”. Ook nie gedink dat die bevolking gaan groei nie. Nie gedink dat “vry” ook verniet gaan wees nie. Met sulke beloftes is daar enorme uitbreiding aan kapitale infra struktuur wat nie plaasgevind het nie. Nou pluk oNs die gevolge en BEURT ONS MAAR VOORT. HULLE SAL NOOIT REG KOM NIE. NOOIT IS MAAR NOOIT!!!!!!

pokkel ·

As mens in Johannesburg kla oor swak diens van die staat en jy is wit en die persoon by wie jy kla is swart, is die kanse goed dat die persoon by wie jy kla sal kwaad word en jou iets toesnou soos: “This is not Europe, get used to it or leave!” asof jy besig is om rassisties te wees deur te kla, maar dis eintlik baie rassisties om nie te kla oor swak diens, want dit impliseer dat Afrika nie in staat is tot dieselfde kwaliteit diens as elders en dus is mense wat kla oor swak diens nie noodwendig rassiste nie, maar eerder die mense wat swak diens in Suid-Afrika verdedig asof ons nie in staat is tot beter

Daleen ·

Die kragstasies onder die ou regering was onderhou – GELD WAS GESPANDEER OM SEKER TE MAAK ALLES IS IN WERKENDE TOESTAND. Nie eers geweet van ‘n ding soos loadshedding nie. In vandag se tyd het die kragstasies vir jare op die vorige regering se uitmuntende onderhoud gehou – geen onderhoud afgelope 26 jaar nie – waar is al daardie geld wat daarvoor begroot is heen. O ja in die dik katte se gatsakke in en nou moet ons vir die donkerte betaal…. GEEN vooruitgang vandat ANCin bewind gekom het nie net verarming.

Piet ·

Gedurende apartheid het minder as 50% mense in die land krag gehad. Meer kragstasies is na apartheid opgerig om aan dubbeld meer aanvraag te voorsien Die situasie verskil soos dag van nag.

Daleen ·

Ja Piet die situasie was heel verskillend. Nie onwettige immigrante, informele nedersettings (waar elektrisiteit getap word) , en soveel korrupsie gehad nie. As die regering beloftes wil maak en niks doen om dit na te kom nie moenie apartheid vir jou onbevoegdheid blameer nie. En nee ek praat nie apartheid goed nie ek kritiseer die ANC se onbevoegdheid – wat JOU duidelik nie pla nie…..

Moedeloos ·

Ek het op RSG vanmiddag na kommentaar geluister en dit was baie insiggewend. – eintlik niks nuuts nie. Die persoon het vertel dat Eskom hardloop op sy NOOD bronne want al sy ander bronne is nie instand gehou nie en kan nie voorsien aan die krag wat benodig word nie. Nou gebruik hul NOOD wat eintlik nie gebruik mag word nie om die land te voorsien van krag wat te min is. Die omroeper het gevra of hy dink dit is aspris en sy antwoord was JA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.