Beurtkrag Saterdag hervat

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrikaners moet Saterdag maar weer die braaivleisvure aansteek – nog ʼn naweek met beurtkrag is op hande.

Fase 1-beurtkrag is Vrydag om 23:00 opgeskort, maar word Saterdag om 09:00 weer hervat, het die kragvoorsiener gesê.

“Die omvang van beurtkrag Saterdag sal afhang van hoe die stelsel oornag vaar en sal [Saterdag] teen 08:00 deurgegee word.

“Ons spanne gaan vanaand [Vrydag] sonder ophou werk om te verseker geen verdere eenhede gaan oornag verlore nie en dat dié wat aanlyn moet kom, dit wél doen. Selfs met ons beste pogings voorsien ons egter dat daar dié naweek ongelukkig beurtkrag gaan wees.”

Teen Vrydag 18:30 was 12 738 MW nie beskikbaar in die stelsel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

LHS ·

Kan iemand wat oor die nodige kundigheid beskik in kort presies verduidelik wat aangaan by Eskom. Ek stel nie belang oor hoekom dit so is nie, dit weet ons almal, wat sluit die huidige probleme alles in.

Afrikaan ·

Ek probeer hierdie ding verstaan: Wat word van die sg. “verlore eenhede”? Hoe presies “verloor” Eskom hierdie eenhede, of gaan dit dit ook in die kaders se sakke in?! Watse twak gaan hulle nog uitdink.

Mike ·

Aan die einde van die berig hierbo daar is gese “Teen Saterdag 18h30 was 12,738MW….” maar hoe kon die skrywer (of Eskom) vooruit weet? Dis nou 8h53 Saterdagoggend hierdie oomblik. En ook daar is 2 berigte wanneer ek nou die website oopmaak: “Beurtkrag vir Saterdag (vir eers) opgeskort” en ander “Beurtkrag Saterdag hervat” is op selfde dag geskryf maar watter een is eerste en laaste berig? Confused as ek albei moet lees… dalk tyd gee ook wanneer gepubliseer ipv net datum alleenlik, sal seker help?

Christel Cornelissen ·

Dagsê Mike
Dankie vir jou boodskap. Dit moet inderdaard Vrydag teen 18:30 wees (en nie Saterdag nie). Ons vra om verskoning vir die oorsig.
Baie dankie ook vir jou voorstel om die tyd by ‘n berig te plaas, dit is iets wat ons beslis kan oorweeg.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

JO ·

Volgens die 2018 BP Statistical Review of World Energy is Suid-Afrika die 7de grootste produsent van steenkool wereldwyd. Ons het selfs die grootste Steenkool hantering facility (verskoon my Engels) in Afrika genaamed die Richards Bay Coal Terminal wat die vermoe het om tot 91 million ton te kan hanteer. Maar nou ja vandag in Suid-Afrika sit ons met n energie te kort, want al ons uiters kosbare natuurhulpbronne gaan na 1ste Wereld landed, wat nie ons ekonomie, mense en samelewing bevoordeel nie.

Luke ·

Sien uit na beurtkrag, ek my potjie op my Jikokoa stofie maak! N Treffer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.