Beurtkrag Saterdag, Sondag ingestel

(Argieffoto: pixabay)

Fase 2-beurtkrag word Saterdag en Sondag toegepas.

Eskom het dié aankondiging Vrydagaand gemaak nadat hy vroeër aangedui het dat die kragnetwerk onder geweldige druk verkeer.

Beurtkrag sal albei dae van 06:00 tot 23:00 toegepas word.

Die kragvoorsiener sê die toepas van beurtkrag is ook noodsaaklik om sy noodreserwes vir die komende week op te bou. Dít nadat Eskom die afgelope paar dae verskeie onvoorsiene kragonderbrekings by sy verouderde kragnetwerke ondervind het.

Eskom moes boonop twee groot opwekkingseenhede by sy Kendal-kragstasie in Mpumalanga afskakel ingevolge omgewingswetgewing. Vier opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie is ook afgeskakel.

Die kragvoorsiener doen ’n beroep op verbruikers om elektrisiteit oor die naweek spaarsamig te gebruik om sodoende die uitwerking van beurtkrag te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Pateties verby om die minste te sê ons betaal vir die patetiese diens!!! Dis nie asof ons dit mahala kry nie hoor Eskom

johanf ·

Die seisoen begin goed……sal sien hoe dit eindig, ek nie baie optimisties nie, beurtkrag, en toename in Covid……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.