Beurtkrag Saterdag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat daar Saterdag beurtkrag toegepas sal word.

“Dit spyt Eskom om aan te kondig dat fase 1-beurtkrag vandag van 08:00 tot 22:00 toegepas sal word,” het die kragvoorsiener gesê. “Enige onverwagte veranderinge op netwerk wat reeds onder druk is, kan met kort kennisgewing tot ’n verandering in die fase lei.”

Eskom het reeds verskeie kere die week beurtkrag toegepas. Die kragvoorsiener het ook Vrydag aangekondig dat hy ʼn dringende aansoek by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien het om die elektrisiteitstarief met 25,3% te verhoog vir die 2015/16-boekjaar.

Eskom het die afgelope ruk sogenaamde “instandhoudingsfeeste” gehou waartydens ingenieurs grootskaalse instandhouding gedoen het om gereed te maak vir die winter. Brian Molefe, Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, het vroeër aan parlementslede gesê Eskom sal teen die einde van vanjaar ʼn bykomende 3 000 MW moet kry.

Eskom spook om die ligte aan te hou weens een van sy steenkoolbergingsilo’s wat ineengestort het, dieseltekorte en instandhoudingsprobleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Die onbekwame bestuur van Eskom moet die skuld kry vir die gemors waarin ons land verkeer en die ANC regering wat hul kaders hier ontplooi het is netso skuldig en nou moet die verbruiker vir hul gemors betaal. Ek sien elders se n woordvoerder van Eskom dat indien hulle nie hul kragtariewe met 25,3% verhoog nie sal ons land in die donker sit. Wie se skuld is dit. Hou op om geld te spandeer op onnodighede soos partytjies en borge en laat hul klomp onbekwame personeel hul eie kos koop en stel bestuurders aan wat die job kan doen en nie fat cats wat net hul eie belang soek en vreet en suip nie en kort-kort die mes teen die verbruiker se keel hou met dreigemente van tariefverhogings nie.

Frik ·

En dan her hulle die vermetelheid om nog ‘n verhoging van 25,3% te vra. Wie kort nou weer ‘n kar of oorsee vakansie?

Frik ·

En dan het hulle die vermetelheid om nog ‘n verhoging van 25,3% te vra. Wie kort nou weer ‘n nuwe kar of oorsee vakansie?

Bruno Stef ·

Dit is vir my n openbaring dat daar deesdae so baie ingenieurs is wat die instandhouding op die onderskeie elektriese apparaat doen.Voor 1994 was ons ouens nie so goed gekwalifiseerd en het n laer posbenamings gehad maar die toevoer het nooit in my 40 jaar wat ek diens by Eksdom gehad het sulke kritieke tye gehad nie.Verminder die ontbyt vergaderings van pratende koppe wat polities korrek probeer wees om hulle seniors te beindruk en konsentreer op wat regtig saakmaak tot almal se voordeel.

Manie ·

Nee Nee en nogmaals Nee. Eskom moet nie omdat hulle te slapgat is om hulle geld te verhaal wat hulle toekom weer die eerlike betaler straf nie
Hulle is net so onnekwaam soos die Regering

ursie ·

Hulle steel als gedaan dan moet ons gebruikers maar net van voor as uithaal en betaal…net om weer gesteel te word..en so sal dit nooit n einde he nie..

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek het vroeg vanoggend kommentaar gelewer maar dit is nie geplaas nie Maroela Media lyk my maak nou soos Media 24 wanneer mens n paar seer tande raakboor.

Isabel ·

Dit help nie om n verhoging an te vra nie,Eskom moet liewer die grootbase van die Munisipaleteite aan hulle nekke beetkry en die agterstalige skuldgeld uit hulle wurg dan sal daar genoeg geld vir Eskom wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.