Beurtkrag Saterdagaand ingestel

Beurtkrag sal Saterdag om 21:00 in werking gestel word. (Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook)

Eskom het kort gelede aangekondig dat fase 2-beurtkrag Saterdag van 21:00 ingestel sal word.

Volgens die kragvoorsiener sal dit minstens tot Maandag om 05:00 duur.

Eskom waarsku boonop as die kragsituasie enigsins verder versleg, hy moontlik gedwing sal word om beurtkrag selfs vroeër te implementeer.

Die beurtkrag word toegeskryf aan ʼn stukkende eenheid elk by Kusile, Medupi en Arnot, asook ʼn vertraging om ʼn eenheid by die Tutuka-kragsentrale weer aanlyn te bring.

Stukkende vervoerbande by Medupi het boonop tot verminderde kapasiteit by die kragsentrale gelei. Dit is sedertdien herstel, maar dit gaan geruime tyd duur voor bedrywighede weer ten volle operasioneel is.

Die as-aanleg by die Kendal-kragsentrale moes weens ʼn elektriese fout heeltemal afgeskakel word, wat beteken die kragsentrale se lewering moes tot die minimum beperk word. Die aanleg is sedertdien weer in diens gestel en vordering word gemaak om die asherwinningsagterstande uit te wis.

Die beperking, tesame met ʼn groter vraag na krag vandag en gister, het beteken Eskom moes swaar steun op sy noodopwekkingsreserwes wat nou weer vir die komende week opgebou moet word.

In hierdie stadium het onbeplande instandhoudingswerk tot ʼn verlies van 14 727 MW gelei, terwyl beplande instandhoudingswerk 6 711 MW se kapasiteit uit die stelsel gehaal het.

Eskom het ʼn hernieude beroep op Suid-Afrikaners gedoen om krag spaarsaam te gebruik en het onderneem om mense op die hoogte te hou van enige noemenswaardige veranderings in die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Riaan ·

En soos klokslag word Medupi weer genoem. Gaan kyk gerus in die argiewe. In 99% van die gevalle word Medupi genoem as een van die plekke waar daar (alweer) ‘n probleem is.

Mag ons asb vra dat iemand dit vir ons verduidelik, asook hoe dit moontlik is vir die bestuur van die aanleg, om nie aanspreeklik gehou te word nie.

Christine ·

Sabotasie is aan die orde van die dag by Eskom en die Bestuur kan nie voorkom om hiedie euwel uit te roei nie. Gelukkig het Solidariteit en Afriforum nou ondersoeke oorgeneem so twee dae terug, saam met die Hawks en gaan daai nikswerk werknemers van ontslae geraak word. Johannesburg Water sit met dieselfde sabotasie, maar wat die DA daaromtrent gaan doen, is nog een groot vraagteken.

Lourens CFG ·

Maar hulle wil weer meer vra vir die niekrag wat ons kry.

Aries ·

Eskom pure “tweegesig- aan die eenkant SMEEK hulle ons om krag tog spaarsamig te gebruik maar aan die anderkant wil hulle ons LOOI met buitensporige kragverhogings

Gert ·

Ag nee dit ook nog.Mokpane het meeste van die tyd nie krag nie an dan nou nog load shedding ook !! Dankie Eskom
Is daar dan geen meer mense met kennis oor in ons land nie ?

Christine ·

Jy het nie ‘n idee van die sabotasie wat daar plaasvind nie, anders sou jy ‘n ander deuntjie gesing het. Bestuur en die paar goeie werkers daar werk onder uiters moeilike en dreigende omstandighede. Daar is sindikate binne en buite Eskom wat ons krag landwyd wil laat intuimel en na die verkiesing, het hul doel verdubbel. Gee kans, hier kom groot dinge.

Moeggeploeg ·

Ons beweeg terug na kerse en lampe. ANC het eenvoudig nie die kennis om land te regeer nie. Is die “verdruktes” enigsins beter af as voor die ANC oorgeneem het. Werkloosheid, diefstal, moord en armoede skiet die hoogtes is. Die dag as daar niks oor is nie staan hulle weer bakhand en bedel vir hulp. Wat het geword van Nelson Mandela kinderfonds? . Derduisende kinders sonder heenkome. Wat word van lotto inkomste? Alles word deur regering vermors. Spoorweë, lugdiens en openbare vervoer is tot niet. Kyk hoe lyk ons paaie. Grondpaaie is nou al ‘n luukse. En so gaan dit aan en aan maar die vetkatte gee nie om want hul magies en sakke is vol

Friedrich ·

Hulle moet luuks ry in 4×4 vpertuie OMDAT die paai in so n toestend is. Pateties.

Johanncb ·

Beurtkrag, maar hulle versoek hoër bevondsing! Is dit om persoonlike lewensstandaarde te handhaaf?

Baardman ·

Meeste van ons weet wie sit en wag dat eskom ondergaan, sodat hulle die energieverskaffing kan oorneem en miljarde in hulle sakke druk. Hierdie is nie net n gebrek aan instandhouding en swak bestuur nie.

Saartjievandiebosveld ·

Ons was 3 dae sonder krag weens ‘n substasie wat gebrand het… wat deur kabel diefstal veroorsaak was…en nou weer loadshedding…en Dan moet ons al hoe meer vir krag. Nee man…!!!

Jr ·

Pay more for less. Only in the African continent. #voetsek eish iss brokken

Keelvol ·

Toe André de Ruyter 2 & 1/2 die leisels by evkom oor geneem het, het hy gesê dat loadshedding iets van die verlede is want hy gaan begin met ernstig me instandhouding.

In Januarie toe praat hy weer anderste & sê dat hy nie gaan geld mors op enige instandhouding nie. Van Junie af gaan ons gebuk onder loadshedding sonder dat hy pogings aanwend om n einde aan dit te maak.

Tyd dat de Ruyter begin om sy werk te doen en ophou verskonings aan te bied.

Pieter ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Dis oorlog daar buite. Plaas dat jy aanbied om kragstasies te gaan beskerm kerm en kla jy van die kantlyn.

piet ·

Ruyter van die windjie, span jou seile na die wind en verdwyn. Swakste CEO ooit, meeste kragonderbrekings ooit. Kry iemand wat die bedryf ken.

Nico ·

Dit is pure onkundigheid en swak vakmanskap al die blanke ambagsmanne en ingenieurs is weg gejaag BBEEE. Dit is nie a.g.v. ouderdom van die toerusting nie, swak vakmanskap en onkunde speel ‘n groot rol in hierdie gemors, die verbruiker moet kort, kort meer betaal sodat die manne soos de Ruyter hul bonusse kan ontvang, daar word nie gedink die verbruiker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.