Beurtkrag-situasie verbeter verder

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Eskom het Donderdagaand gesê fase 4-beurtkrag sal van 20:00 toegepas word tot Vrydag om 05:00.

Daar is vroeër gekommunikeer dat fase 5-beurtkrag toegepas sou word, maar volgens die kragvoorsiener is daar verdere verbetering in die kragopwekkingskapasiteit en noodreserwes.

Fase 3-beurtkrag geld Vrydag van 05:00 tot 16:00.

Die skedule duur daarna voort soos voorheen gekommunikeer.

Eskom sal die stelsel bly monitor en enige beduidende veranderinge bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nicky ·

Wha wha wha so gaan julle kaders voort, my pa het altyd gese mens kan julle leer om n skroef in te draai en julle sal dit 2keer regkry maar dan val julle uit die bus uit met die 3de skroef

Brombeer80 ·

Hulle verwag dat ons as die verbruiker gelukkig en tevrede moet wees dat beurtkrag verminder, in pleks daarvan dat hulle die probleem geheel en al uitwis. Wanneer dit ooit sal gebeur is die vraag ter sprake hier.

Snowball ·

Is dit 3, is dit 5 of is dit 6? Hoe laat is dit? Lankal te laat. Elke dag ‘n nuwe BS storie. Hoe minder elektrisiteit hoe meer raak die bokspronge en oëverblindery.

Highlander ·

As dit hoegenaamd “verbeter”, waarom wissel die fases heeltyd? Daar is letterlik drie fases oor 24 uur.

hpven ·

Die algehele verval en toestand van die land in ag geneem is die slotsom, julle kan niks herstel of selfs probeer herstel nie. Hoe op aarde kan mens iets herstel as jy dit nie eers kon reghou nie!?
Geen regsdenkende mens glo die ANC meer nie! Punt en feite!

Kokerboom ·

Seker agv duisende kragopweekker gratis van China. Terloops sal graag ‘n oudit na ‘n jaar wil sien van hoeveel van die skenkings is oor of werk nog? Net ekonomiese realitete in SA

kaplyn ·

Ek wonder wat gaan die diesel rekening wees om die kragopwekker te laat loop? Het China ook die diesel geskenk? Of gaan julle krag gebruik om die kragopwekker te laat loop? Patetiese spul!

Retha ·

Die vorige mense in beheer is deur die ANC uitgekryt as sleg en korrup, nou wat moet ons nou sê. Hoeveel besighede moet nog tot niet gaan deur Eksdom en die manipulasie van die regering?

anko ·

Regtig wie moet nog vir CancER glo. Moenie te gerus word nie. Fases spring rond soos springmielies in warm olie. Alle entiteite is tot niet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.