Beurtkrag: Situasie verbeter

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Eskom het Dinsdagoggend vroeg beurtkrag tussen 08:00 en 16:00 opgeskort.

Fase 1 sal egter weer om 16:00 in werking tree, het die kragvoorsiener gesê.

Eskom het fase 1-beurtkrag Maandag om 08:00 hervat nadat dit Sondag om 22:00 opgeskort is. Fase 1 het tot 16:00 geduur, waarna fase 2 in werking gestel is.

Eskom het vroeër gesê dié patroon sal Dinsdag herhaal word en “hoogs waarskynlik” Woensdag ook.

Dit blyk dat die situasie ten minste verbetering toon.

Volgens Eskom is verskeie van sy opwekkingseenhede oornag weer in diens gestel wat tot die laer fase gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Moedeloos ·

Snaak hoe ons krag verbeter nadat bestuurders geskors is.

RS ·

Waarom daardie tyd van die dag wanneer almal nog werk, kos maak en so bedrywig is?

Pieter ·

En moet ons nou kastig dankbaar wees vir die krummels? So word ons gewoond gemaak aan patetiese diens sodat wanneer daar wel iets gedoen word, ons opgewonde moet wees? En dan kry die “bestuur” sommer bonusse ook?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.