Beurtkrag skiet op na fase 5

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Mehul Dave/Unsplash)

Ure nadat Eskom fase 4-beurtkrag aangekondig het, is dit noodgedwonge na fase 5 verhoog.

Eskom het vroeër vanmiddag (Vrydag) aangekondig dat fase 5 vanaf 16:00 tot middernag geïmplementeer word weens ʼn hoër as verwagte vraag na elektrisiteit.

Fase 4 geld daarna tot Sondag om 05:00 gevolg deur fase 2 tot Sondag om 16:00.

Eskom sê die vertraging in die herstel van ʼn opwekkingseenheid by die Kendal-kragstasie en twee opwekkingseenhede by die Tutuka-kragstasie dra tans by tot die tekort aan opwekkingskapasiteit.

ʼn Opwekkingseenheid elk by die Arnot- en Duvha-kragstasie sowel as twee opwekkingseenhede by die Matla-kragstasie is egter die afgelope 24 uur weer in diens gestel.

ʼn Opwekkingseenheid elk by Grootvlei, Kendal en twee opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie moet egter intussen herstel word.

Eskom sê onbeplande onklaarrakings het 16 302 MW se kapasiteit uit die netwerk gehaal terwyl 3 616 MW weens beplande instandhoudingswerk tans nie beskikbaar nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Charles ·

Moet maar seker sterk staan en gewoond raak aan hierdie onsinnighede. Krewe word gewoond aan kook water.

Groen Ghoen ·

Bla, bla, bla. Alles behalwe die waarheid. Die persvrystelling moet eintlik lui: Weens ‘n gebrek aan bevoegde en ervare personeel, massiewe korrupsie, en weens swak politieke leierskap, is Eskom vernietig en het bykans geen meer beheer oorsy kerntake nie. Die minister sonder elektrisiteit is futloos en paai met gemeenplase. Verwag enige tyd nog verdere kragonderbrekings.

Papsak ·

Ag pluk net by Eskom asb hou op met verskonings moenie koue en dit skuld gee nie julle te eenvoudig om als in stand te hou

tweeling ·

Eskom julle verskonings is vertraag: julle behoort te weet as die koue kom sal daar verhoogde aanvraag wees. So julle “higher than enticipated” kommentaar is afgesaag, sê maar reguit julle kan in geen omstandigheid voldoen aan due aanvraag nie wat ookal die situasie.

Lyon ·

Die vertragings sal net meer eenhede opblaas, maar die vertragings weet ook net hoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.