Beurtkrag: Só lyk Donderdag se vooruitsig

Argieffoto

Geen beurtkrag word vir Donderdag voorspel nie.

Eskom het Woensdagaand gesê hy beplan nie om vandag beurtkrag in te stel nie. Dít nadat Suid-Afrikaners Woensdag ook beurtkrag vrygespring het.

Luidens ’n verklaring het die kragvoorsiener bykomende eenhede bygekry en is sy noodreserwes tans op voldoende vlakke.

Die stelsel bly egter kwesbaar en beurtkrag kan enige tyd op kort kennisgewing ingestel word sou daar enige verandering wees.

Onbeplande kragonderbrekings het Woensdag omstreeks 15:50 op 10 086 MW gestaan.

Verbruikers word gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

In Pretoria het ons nie beurtkrag nodig om sonder krag te wees nie. Boomtakke val gistermiddag op drade in Capital Park. Rondom donker het die gemeenskap en die GPF die drade skoon en takke opgesaag. 12 ure later het die munisipaliteit nognie die skakelaar kom aansit nie. Ek vermoed dit was buite gewone ure. Stressvolle nag aangesien ons muurspringers het wat daagliks oorklim en eiendom herverdeel.

Scalla ·

Noodreserwes word verkry deur diesel kragopwekkers te gebruik wat onekonomies duur is, ten minste bly ligte aan ten spyte van dat krag verskaf word aan buurlande ens teen n minimale koste of dalk nog gratis.

Michael ·

Dit is n hartseer dag as ons bly is oor vandag miskien nie beurtkrag gaan wees nie ,wat is volgende beurtwater so word ons beheer en vertrap en ons aanvaar dit maar want ons is beskaaf en ons betaal maar en vermy ongemaklikheid,dan wonder ek of demokrasie regtig werk.

Gato ·

Dit is klaar hier. Gister op die radio gehoor dat beurtwater in Polokwane ingestel is.
Hier in Lephalale loop die riool ook langs die strate af want die mislukte -paliteit se pompe werk glo nie. Maar die soustrein stoom voort hier in Limpopo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.