Beurtkrag: Só lyk naweek se vooruitsig

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Geen beurtkrag word sover vir Vrydag verwag nie, maar daar is wel steeds ’n moontlikheid dat dit oor die naweek ingestel kan word.

Eskom het Donderdag aangekondig dat hy nie van plan is om Vrydag beurtkrag in te stel nie nadat Suid-Afrikaners die afgelope week onderbrekings vrygespring het.

Die kragvoorsiener het gesê die stelsel bly egter kwesbaar en beurtkrag kan enige tyd oor die naweek op kort kennisgewing ingestel word sou daar enige verandering wees.

“Die opwekkingstelsel het heelwat herstel getoon,” het Eskom in ’n verklaring gesê.

Onbeplande kragonderbrekings het Donderdag omstreeks 16:10 op 11 182 MW gestaan met beplande instandhoudingswerk op 4 774MW.

Verbruikers word gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stefan ·

Die hele land lè omtrend stil en nog steeds wonder hulle of hulle genoeg krag kan voorsien, jhhooo.

J ·

Elke keer as Zuma voor die hof verskyn dan ‘bom’ Eskom uit!

Verlede week Fase 4 en die vorige keer Fase 6 het ooreen gestem met sy hofverskynings.

Wat gaan gebeur as Zuma arresteer word?

TOTAL BLACKOUT?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.