Beurtkrag: Só lyk situasie vir die res van die week

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die elektrisiteitsnetwerk bly onder druk en volgens Eskom is daar steeds die moontlikheid van beurtkrag vir vandag en die res van die week, maar sal dit slegs toegepas word indien absoluut noodsaaklik.

Volgens Eskom was onbeplande onderbrekings teen Sondag om 22:00 effens minder as 10 000 MW en is daar oor die naweek goeie vordering gemaak om dieselreserwes vir die oopsiklus-gasturbines en watervlakke by die pompstoorskemas aan te vul.

Die kragvoorsiener het gesê die kragnetwerk word steeds uurliks by sy noodreaksie-beheersentrum gemonitor en dat die situasie by sy opwekkingsaanlegte onvoorspelbaar is.

“Eskom wil sy kliënte herinner dat enige onverwagte veranderings soos bykomende onderbrekings of die onbeskikbaarheid van diesel vir die gasturbines of dalende watervlakke by die pompstoorskemas op kort kennisgewing tot beurtkrag kan lei.”

Intussen is nog ʼn opwekkingseenheid by die Kusile-kragstasie Sondag vir die eerste keer gesinchroniseer en dra dit 300 MW tot die kragnetwerk by. “Sinchronisasie verskaf egter net onderbroke elektrisiteit, maar dit is ʼn positiewe stap tot kommersiële operasie en om kapasiteit te verhoog.”

Eskom het gesê sy tegnici werk onverpoosd om onbeplande onderbrekings in kragtoevoer te herstel en onderhoud te doen ten einde die kragvoorsiener se noodreserwes aan te vul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan Alleman

As mens mooi die inligting vanuit Eskom saamsit dan is die kans vir beurt krag 100%. Dink terug aanaas jaar Desember en vroeg hierdie jaar. Dit was rof.

Ons weet hulle kundigheid het drasties verminder sederdien. Dus maak dit sin dat hulle vroeër in dieselfde periode, erger probleme sal hê.

J van Rustenburg

My voorstel is Fase 1 Sny Zimbabwe se krag Fase 2 Sny Soweto se krag

John

… lees dit soos weervoorspellings… Kyk by die venster uit en as daar nie wolke is nie… neem nogtans die sambreel saam en parkeer die motor, waar moontlik, onderdak.

Outoppie

En daar is ń dorp waar hul al langer as ń week werk om transformer reg te maak. Lyk na ongeskoolde mense. En ons moet 5 tot 8 ure per dag sonder krag sit

Nooit

‘n Diesel tekort is nie ‘n onverwagte verandering nie. Die voorraad word tog sekerlik deurentyd gemonitor.