Beurtkrag: Só lyk vooruitsig vir die week

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het gesê hy verwag om nie Maandag beurtkrag in te stel nie en dat die moontlikheid vir beurtkrag vir die res van die week laag is.

“Ons maak van noodreserwes gebruik om die aanbod aan te vul aangesien ons vandag [Sondag] meer onbeplande onderbrekings gehad het,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Die kragvoorsiener was egter van mening dat van sy opwekkingseenhede weer teen laat Sondagaand in werking sou wees en dat dit die vooruitsig vir die kragnetwerk sal verbeter en die moontlikheid van beurtkrag verder sou verminder.

Teen 17:40 Sondagmiddag was onbeplande onderbrekings 11 822 MW, terwyl daar 6 029 MW se beplande onderbrekings was tydens instandhouding.

Eskom het weereens benadruk dat daar oor die volgende 18 maande die moontlikheid is van ʼn toename in beurtkrag terwyl hy kritieke instandhoudingswerk doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Phillip ·

Dit is nou te sê as hul steenkool nie weer natreën nie…

Cherokee ·

Daar was ‘n tyd wat beurtkrag nuus was. Nou is dit nuus as daar nie beurtkrag is nie.

Leeuwyfie ·

Terwyl ek die lees skop ons ligte af om ons eerste sarsie van beurtkrag aan te kondig.

Brakenjan ·

Nog steeds 18 maande. Is ons nie nou al by 16 maande nie..?

Scalla ·

Ek stel glad nie belang in hul hoeveelhede MW , beplan of onbeplan, doen net jul werk en sorg dat daar krag beskikbaar is, ons betaal vir dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.