Beurtkrag: Só lyk vooruitsig

(Argieffoto: pixabay)

Geen beurtkrag word vir Dinsdag verwag nie.

Eskom het Maandag gesê opwekkingseenhede is weer in diens gestel en genoeg noodreserwes is oor die naweek opgebou.

Teen Maandagmiddag 16:05 was onbeplande instandhoudingswerk op 11 371 MW en beplande instandhoudingswerk op 4 737 MW.

Die kragvoorsiener sê die opwekkingsnetwerk is onvoorspelbaar en onbetroubaar en die moontlikheid bestaan dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word, sou daar groot veranderinge in die stelsel plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Magda ·

Ag Eskom – bly uit die nuus uit asb. Aan af regtig. julle spanndeer meer tyd om julle in die nuus te hou as om seker te maak die mense het krag.

Genis ·

Ek stem Magda, dit raak regtig sotlik… heel tyd verskoning en niks seggend nie.. vertel ons eerder hoe julle mense toesluit wat hiertoe geklei het…

Smurf ·

Ons is “so” dankbaar dat n hoogs bevoegde instelling soos yscom ons so op die hande dra .Baie dankie dat die krag nie vandag “alweer” af is nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.