Beurtkrag: Só lyk week se vooruitsig

(Foto: Yaoqi LAI)

Nadat Eskom beurtkrag Sondagmiddag na fase 1 afgeskaal het, skop ʼn hoër fase weer Maandag in.

Volgens die kragvoorsiener word fase 1-beurtkrag Maandag om 08:00 hervat nadat dit Sondag om 22:00 opgeskort word. Fase 1 sal dan tot 16:00 duur.

Vanaf 16:00 tot 22:00 geld fase 2.

Die patroon sal Dinsdag herhaal word en “hoogs waarskynlik” Woensdag ook.

Eskom het onderneem om verbruikers op hoogte te hou indien enige veranderinge in die netwerk plaasvind. In hierdie stadium word die netwerk egter steeds as onbetroubaar en kwesbaar bestempel.

Die kragvoorsiener het gesê beurtkrag is die afgelope naweek in werking gestel om noodopwekkingsreserwes wat die afgelope week uitgeput is, weer aan te vul.

Hy verwag dat verskeie opwekkingseenhede oor die volgende paar dae weer by die kragnetwerk sal inskakel, wat die druk op die netwerk sal help verlig.

Onbeplande instandhoudingswerk het 9 272MW uit die netwerk gehaal, terwyl 6 314MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Eskom het verbruikers gevra om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Julle breek my spoed Eskom! Doen julle werk waarvoor julle betaal word genade. Ons betaal vir uiters patetiese diens met verhoging genade. Vang spoed!

Casper ·

Persheks, as een munisipaliteit escom R 3.1 miljard rand skuld wat dink jy waar moet die kragvoorsiener fondse kry om verouderde infrastruktuur te vervang.Munisipaliteite skuld gesamentlik R 31 miljard rand.Die buurlande skuld oor die R 200 miljard.Ek salueer escom dat die stelsel nog nie heeltemal in duie gestort het nie.En o ja daar is 3 bestuurders geskors wat nie hulle werk gedoen het nie.

Johan ·

Wie se skuld is dit dat die rekenings agterstalig is . Ek het my plaas verkoop persoon het Eskom nie betaal nie toe ek plaas terugvat sny Eskom die krag want ons is twee maande agterstalig. Ek is blank en het n regte boere van. So hou op om hulle jammer te kry net nou kry hulle weer n prestasie bonus en sommer ook n salaris verhoging.

gatgogga ·

Casper, uiteindelik aanvaar Escom dat die probleem by hulle le, in die vorm van lui, onbevoegde personeel. Maar dit word al dekades vir hulle vertel, en hulle wil altyd alles en nog wat blameer, net nie hulle werknemers nie.
Dit is ook hulle eie skuld dat hulle toelaat dat slegte skuld so oploop. Maar in hierdie verband speel die ANC en EFF natuurlik ook ‘n deurslaggewende rol.

My siening ·

Wat gooi julle dobbelstene rond want of dit fase 1 of 2 is bly dieselfde by my. Kry bietjie opgeleide mense om die werk te doen maar nee dis BBB BEEEEB, (die beteken in kort onbevoeg!).

Etienne ·

Om nou nie pessimisties te wees nie, maar mense die skrif is donkiejare al aan die muur. Hierdie land is besig om so vinnig agteruit te gaan… dit raak nou skrikwekend

Fedup ·

One cannot use less of something that’s not available.
It is IMPOSSIBLE. .

Persheks Adri ·

The brains you know… They don’t think that far eish

Mallie ·

Ons moet ook maar tussen die ministers en die kaders gaan woon. Hulle het nie beurtkrag nie. Ou Julius moet maar dankie se vir die nie-beurtkrag by sy huis nie. Miskien moet die wittes begin toi-toi.

Sarel ·

Skedules werk nie so…. al hoe dit werk is indien jy krag het is dit nie jou beurt nie.

Casper ·

Wie kan vir my verduidelik wat is die verskil in die veskilkende fases wat escom implemented.

Ettienne ·

“Onbeplande instandhoudingswerk” LMGA vir hierdie eufimisme – ALLE instandhoudingswerk word geskeduleer. Onbeplande instandhoudingswerk beteken die ding het ge-handgranaat omdat daar NIE instandhoudingswerk gedoen is nie – dus sit hulle nou met onbeplande HERSTELwerk….

Hoekom ·

Sou beter gewees het as eskom in die private sektor was. Het ons niks geleer vanaf Rusland en China nie, as ‘n maatskappy in die hande is van ‘n regering dan kry jy sub-gehalte diens…

Scalla ·

Eskom se mense moet hul ophou bemoei met berekening van verskillende fases en eerder krag opwek, dit is waarvoor hul betaal word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.