Beurtkrag: Só lyk Woensdag se vooruitsig

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Suid-Afrikaners moet hul staal vir nóg ’n dag van beurtkrag hoewel dit ’n verandering in fase van beurtkrag sal inhou.

Eskom het Dinsdagaand in ’n verklaring gesê fase 1-beurtkrag sal Woensdag 09:00 ingestel word en tot 22:00 die aand duur. Dít nadat fase 2-beurtkrag vroeër vandeesweek van krag was.

Luidens die verklaring kon die kragvoorsiener daarin slaag om twee opwekkingseenhede onderskeidelik by die Medupi- en Majuba-kragstasie weer in diens te stel. ’n Eenheid by die Koeberg-kragstasie in die Wes-Kaap is ook in werking gestel.

Eskom verduidelik dat hoewel die opwekkingstelsel nou onder minder druk verkeer, dit egter steeds nodig is vir die implementering van beurtkrag.

“Eskom se spanne werk onverpoos om soveel opwekkingseenhede moontlik in die kragnetwerk te herstel, maar die koue weer beteken ook dat die vraag na elektrisiteit aansienlik toegeneem het. Ons vra dus dat lede van die publiek ons sal help om die verbruik van elektrisiteit te bestuur sodat ons die uitwerking op die kragstelsel kan verminder,” het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Eskom het genoeg tyd gehad om onderhoud te doen. Pers weer verbruiker af vir hoër tariewe

Leon

Ons het Dinsdag 10 ure beurtkrag gehad. Van 09:00 tot 11:00 en toe weer van 17:00 tot 23:40.
ESKOM is besig om in mekaar te stort.

Genis

Dis absurd! Eindelik lagwekkend hoe almal lieg, insluitende die nuwe CEO… So betaal ons ten duurste vir krag wat ons nie het nie… Dis nie asof my rekening enigsins verlaag nie…skelms

Johan

Intussen brand verskeie straatligte in Tshwane al vir die afgelope twee maande permanent 24/7 , maar ons moet krag spaar…..