Beurtkrag: Só staan sake

Pravin Gordhan. Foto: ANA

Die huidige elektrisiteitsprobleme en voortdurende toepassing van beurtkrag in Suid-Afrika is grootliks as gevolg van ʼn gebrek aan instandhouding by die kragvoorsiener se verouderende infrastruktuur, is Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg gesê.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Jabu Mabuza, voorsitter van die Eskom-raad, het die media toegespreek oor die huidige situasie met elektrisiteitsvoorsiening aan die land.

Eskom pas al sedert die naweek fase 4-beurtkrag toe terwyl sy kragstasies – baie van hulle ouer as 35 jaar – sukkel om genoeg krag op te wek om aan die vraag na elektrisiteit te voorsien. Dié situasie is alles behalwe ideaal vir die land se reeds sukkelende ekonomie.

Gordhan het vanoggend erken dit gaan ʼn enorme stryd wees om die kragkrisis te oorkom.

“Ons verstaan die frustrasie. Ons het nie ʼn towerformule nie,” het hy gesê. Volgens Gordhan het Eskom 48 000 MW geïnstalleerde kapasiteit, maar is daar tans slegs 28 000 MW beskikbaar.

Gordhan en Mabuza het toegegee die staatsinstelling het oor die afgelope vyf jaar nie genoeg geld bestee om sy toerusting in stand te hou nie, terwyl nuwe kragstasies soos Medupi en Kusile nie soomloos by die kragnetwerk bygevoeg kon word nie.

“Daar is nie geld op instandhouding bestee nie. Die vraag moet wees, waarop is daardie geld bestee,” het Mabuza gesê. “Die realiteit is dat ons nou ʼn kragstasie het wat [van die kragnetwerk] afval omdat daar geen instandhouding gedoen is nie.”

Mabuza en Gordhan het ook albei erken dat Eskom nie openlik genoeg oor sy probleme met die publiek was nie. Gordhan het onderneem om binne ongeveer twee weke weer inligting deur te gee oor hoe die huidige probleme getakel word.

Eskom het vroeër vanoggend in ʼn verklaring gesê fase 4-beurtkrag duur vandag voort om te verhoed dat die hele kragnetwerk ineenstort. Na verwagting sal die situasie nie voor Donderdag verbeter nie. “Eskom se instandhoudingspanne werk onverpoosd om opwekkingseenhede terug op die kragstelsel te kry,” het die kragvoorsiener gesê.

Eskom voorsien 95% van Suid-Afrika se elektrisiteit, maar die instansie het in die afgelope jare gesukkel om in die vraag te voorsien. Verskeie senior beamptes is ook die trekpas gegee weens korrupsie by die kragvoorsiener.

Jabulani Mabuza, raadsvoorsitter van Eskom (Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency/ANA)

“Daar is nog steeds heelwat aanspreeklikheid wat geneem moet word,” het Gordhan vandag gesê. “Die vorige uitvoerende hoof en sy destydse kollegas het baie vrae om aan Suid-Afrika te beantwoord.”

Die minister het gesê die huidige kragkrisis word nog verder vererger deur ʼn gebrek aan voorsiening van die Cahora Bassa-hidroëlektriese skema weens skade wat deur sikloon Idai aangerig is.

Intussen het die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid gesê die jongste ronde van “uiterste beurtkrag” laat ondernemings en munisipaliteite met geen ander keuse as om te kyk na ander kragvoorsieners nie.

“Ondernemings het elektrisiteit nodig om te oorleef,” het Geoff Jacobs, president van dié liggaam, gesê. “Hierdie [omstandighede] het ʼn situasie geskep waar daksonpanele al meer aantreklik lyk en waar munisipaliteite soos Stad Kaapstad eerder van onafhanklike kragvoorsieners gebruik wil maak. Hulle het geen ander keuse nie,” het hy gesê.

“Die langtermyn gevolge sal sleg wees vir Eskom, vir die land en vir die belastingbetalers, maar wat moet sakeondernemings anders doen? Hulle moet die situasie nou hanteer en kan nie vir Eskom wag om uiteindelik beheer oor sy diepgewortelde probleme te kry en sy onlangse geskiedenis van korrupsie en wanbestuur om te keer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

144 Kommentare

tom ·

Maroela die waarheid is Escom moet stop met hulle BEE en bring blankes terug

Santjie ·

Dit sal ook seker bietjie help as al die onwettige konneksies ook ontkoppel word?

Tienie ·

Tom. Dit is waar en hulle kan dit nou maar netnie regkry om enige iets reg te doen nie.

As hulle aan iets vat, verander dit…………..

Johannes ·

Tom, die waarheid is: ons moes Suid Afrika NOOIT net weggegee het aan kommuniste en terroriste nie. Wat het ons gedink gaan gebeur? Het ons nou regtig gedink SA sal nie dieselfde pad stap as die res van Afrika nie?

Andreas ·

My finansies is vodde, dis hoe sake is, erger as Marelize se fiet se fffff pap wiel …. ffffffff

Piet ·

“Waarop is die geld bestee?” vra hulle.
Kyk om jou! Elke Jan Rap ry ‘n blink kar!

Gemaskerde Sopbeen ·

My Pa het altyd gesê: “Ontnugtering is die wreedste leermeester!!!” Maar dan is dit ook net waar as Suid Afrika iets hieruit leer……….en die 8ste Mei ‘n ander plan maak.

Johannes ·

Jy droom lekker as jy dink die massas sal “reg” stem. Kyk gerus watter hool van pes en ellende die res van Afrika is. Ons is bitter sterk oppad daarnatoe…

Kerr ·

Ongelukkig dink Ek nie dit gaan gebeur. Sal verbaas wees hoeveel gaan weer vir die anc stem. Baie sleg. Maar hul nie gaan laat gaan van die verlede en Sien watse swak party os die anc gaan niks verander

Opisthophthalmus ·

Gemaskerde Sopbeen se pa klink na ‘n man met wysheid, iets wat tans in die regerende party EN sy massas ondersteuners ontbreek….

alida ·

Nou hoe vra hulle nou waar is die geld? Dit is aan reuse bonusse uitbetaal aan onbevoegde mense. Hulle moes mos voorsien het dat die bevolking het ontplof in 24 jaar en moes 24 jaar gelede al begin het met voortdurende instandhouding. Watter deel verstaan hulle tog nie. Die mense word meer en die verbruik word meer. Graad een kind kan dit vir hulle verduidelik. As twee mense vir ‘n week een brood opgebruik het kan hulle nie verwag 20 mense moet vorentoe genoeg brood he vir ‘n week nie. Ai tog

A ·

Se ek ook, en ekskuus hul is diegene wat se dat n sekere nasie moet BAIE kinders kry want hul moet hul meerderheid nog meer verhoog om die ander nog meer te verdruk. Waar dink hul moet werk, kos, krag, blyplek vandaan kom as hul nie self voorsien nie. Alles kom terug na die SA staat wat strooi verkoop en dan nie vir hul selfgemaakte probleem kan betaal nie.

Arak ·

En moet nie van Chanselor House se wonderlike belegging in Hitachi vergeet nie, en nou dat die “boilers” lek, moet julle nie die ou geldjies dalk terug betaal nie? Hoe vals/onnosel kan Pravin wees dat hy wonder waar die geld heen is…

Wonder net ·

Mnr Mabuza, wanneer jy die eerlike antwoord op jou eie vraag: “Waarop is daardie geld bestee?”het laat ons tog weet asb.
Dit is geld wat die verbruikers betaal het wat spoorloos verdwyn het.
Om te hoop dat die mense wat daarvoor verantwoordelik was dit sal terug betaal is ook valse hoop. Moet hulle ook nie gevangenisstraf gee nie want dan moet die belastingbetalers hulle weer onderhou.
Raak ontslae van al die onbevoegde en oortollige aanstellings en kry vergoedingspakette in lyn dan sal dit al klaar ‘n ligpuntjie wees.
Stop onwettige verbindings met geweld as dit nodig is. Laat hulle maar uit frustrasie ‘n paar plekke afbrand maar staan vas in wetstoepassing. Dinge gaan net op die harde manier weer regkom.
‘n Gepraat en kommissies van ondersoek help nie.

Skerpioen ·

Donker Afrika, Ouma Groot jy is al ver meer as ‘n 100 jaar dood. Jou nasate vandag lewe nes jy met ‘n lamp in die hand… die gasstowe en koolstowe brand terwyl almal rondom die tafel sit en gesels. Maar hierdie keer nie oor ons drome nie maar eerder oor ESKOM en al die donker van AFRIKA

Marius ·

Die onbevoegde anc het nie ñ tower woord om hul gemors by evkom reg te stel nie. Die anc het egter ñ paar tower woorde / sinne gehad tydens hul afbreek van ñ EVKOM wat van die bestes in die wereld was, naamlik – rassisme, bedrog, diefstal, onbehoorlike regstellende aksie. So kan men’s aangaan.

honourable member ·

Nou verstaan ek nie want so hele paar loadsheddings gelede toe word die kragsentrales kamstig opgeknap (dit was nou hulle verskoning) so hoe is daar dan nogsteeds instandhouding wat gedoen moet word. Hoe gouer daar bekwame mense aangestel word hoe gouer sal dit beter gaan maar hulle sal eerder maar aansukkel.

Marius ·

Die onbevoegde anc het nie ñ tower woord om hul gemors by evkom reg te stel nie. Die anc het egter ñ paar tower woorde / sinne gehad tydens hul afbreek van ñ EVKOM wat van die bestes in die wereld was, naamlik – rassisme, bedrog, diefstal, onbehoorlike regstellende aksie. So kan mens aangaan.

L ·

En steeds word daar krag aan Lesotho, Swaziland en Zimbabwe gelewer, terwyl hier beurtkrag toegepas word.Hoekom verduidelik jy dit nie aan die publiek nie minister Gordan?

Hoc est bellum ·

Indien anargie voor 8 Mei losbars, dan vind daar geen verkiesing plaas nie. Regering kondig dan noodtoestand af en dan “verloor” die ANC nie die verkiesing nie.

A ·

Se ek ook, en ekskuus hul is diegene wat se dat n sekere nasie moet BAIE kinders kry want hul moet hul meerderheid nog meer verhoog om die ander nog meer te verdruk. Waar dink hul moet werk, kos, krag, blyplek vandaan kom as hul nie self voorsien nie. Alles kom terug na die SA staat wat strooi verkoop en dan nie vir hul selfgemaakte probleem kan betaal nie.

HPV ·

In 25 jaar van ‘n eerste wêreld na ‘n derde wêreld. Van ‘n uitvoer land na ‘n bankrot , stukkende, sukkelende, bedelende land. Sjoe dit is gedoen! Viva anc. Viva eff.

Johannes ·

Nee HPV, die anc kommuniste slaag 100% in hulle oorspronklike doel – die vernietiging van die Boer en Westerse beskawing in Suider Afrika. Moenie hulle blammeer nie. Plaas die skuld by die liberales wat so graag met terroriste wou onderhandel…

HPV ·

Jy is reg Johannes, en toe onderhandel het en sommer al die wigte en teenwigte teen hul swaargewigte verloor het…

zis ·

In Suid-Afrika is al wat kom welkom tuis. Waar is die geld heen,iewers is dit in iemand se sakke. Eskom beskik nie oor die mense wat oor die nodige ervaring beskik om die instandhouding te doen nie, Dank af en stel kundige mense aan,wat die werk kan doen.
Korrupsie is lekker want diegene wat daarby baat, leef baie lekker,mooi huise,blink karre ens. Die gewone publiek moet nou met die gemors saamleef en besighede verloor duisende rande. Gaan die regering besighede se geld teruggee, nee hulle sal nie, leef net meer en meer lekker.

Lou ·

Daar word altyd gesoek na redes en verskonings om iemand of iets anders te blameer. Die ANC het nog nooit en sal ook nooit erken hulle is di oorsaak van die Eskom probleme ni. En as iemand nog skuldig bevind word dan is daar geen gevolge vir daai persoon/e ni. Kaders beskerm mekaar tot di dood toe

Gys ·

Eskom moet ophou rondf met fase 4, en vir ons fase 5 beurtkrag gee. Fase 4 is so “yesterday”.

Siener ·

Gys “your wish is my command.” Eskom beplan nou stage 5 en 6

Gys ·

Siener, ja ek het so gehoor.
Sal die tweetjies van ons n boks kerse en drom lampolie wed wanneer fase 7 en 8 inskop?

alida ·

Hulle wil nie insien waar die probleem le nie en sal dit nooit ooit erken nie. Die massas regeer hulle ipv ignoreer die massas en maak die regte besluite en stel die bekwame mense aan. Dit hoef nie noodwendig blankes te wees nie daar is baie bekwame anderskleuriges ook wat die werk kan doen. Die huidige spul is aanstelling vir familie, vriende, Zuma en Gupta ens.

Landi ·

My vraag is…..WAAROM WORD NET SEKERE GEBIEDE GERAAK DEUR LOADSHEDDING.????? ANTWOORD MY ASB ESKOM!!!!!!!!!! Hier is verskeie mense by my werk wat van die naweek af nog nie eenkeer geraak is deur loadshedding nie maar ons word 3 keer op n dag geraak daardeur. Dit is mos bitter onregverdig

suz ·

die snaakste is dat even by my werk daar nog nie ‘n dag se loadshedding was nie…. Al wys dit dat daar is? kan wees dat die uniegebou om die draai is? maak geen sin nie

Gert ·

Die plakkerskamp hier neffens se krag gaan nooit af nie. Het ook iewers gehoor Soweto kry nie beurtkrag nie, al weier hulle om ooit te betaal. Vermoed sekere woonbuurte word ook vrygestel omdat senior ANC’s daar bly.

Mel ·

Soweto wat die groot sondebok is het GEEN loadshedding nie. Almal post op sosiale medium van die onwettige konneksies en tog word daar NIKS aan die skuldiges gedoen nie.

Kabous ·

Alle gebiede is gelyk. Maar sommige gebiede is meer gelyk as ander gebiede…

Ellisras ·

Gaan lees gerus Soweran Live se kommentaar. Sowero en Thembisa se inwoners spog dat hulle nie beurt krag kry nie.

HAAS ·

Merk die volgende woorde, dalk nie presies nie, maar naby. So by middel April gaan ons die volgende hoor: “Dear fellow Comrades, we as the ANC Government have managed to resolve this Eskom problem and we want to ensure you, that we will have power.” , en so hardloop die menigte, want die ANC het mos belowe… Brandstof se prys sal ook aansienlik daal.

HOBBO ·

Dit is tragies om te sien hoe sakemanne van kleinsakeondernemings blank en swart werknemers laat gaan in n poging om die onderneming staande te hou vir die res van hulle werksmag. Eskom behoort die 20 000 oortollige werkers in te perk soos hierdie klein ondernimings. Tweedens die oorblywende werksmag moet eenvoudig inspring en die herstelwerk doen. Wat die mense wat geld op een of ander manier verduister………..tronk toe soos in enige repektabelle land gebeur. So bou n land vertroue!

Gert ·

Jan Oberholzer – He has more than 30 years of experience, and then comes with this comment, reject their salaries and bonuses received the past 20 years, and pay back the amount of money

suz ·

die snaakste is dat even by my werk daar nog nie ‘n dag se loadshedding was nie…. Al wys dit dat daar is? kan wees dat die uniegebou om die draai is? maak geen sin nie

Roger ·

Elke dag ‘n ander liegstorie. Ons ekonomie gaan ten gronde, maar dit blyk dat die “leiers” vreesloos is. Hulle rol mos in die geld!

Wonder Net ·

Snaaks ne, die ou kragstasies van 35 jaar terug kan nie meer, hmmmmmmm wat het hulle gedink toe hulle in 1994 oor geneem het, dit gaan vir altyd hou. Kyk toe ons BEE toepas, mensdom maar die bankrekening staan sterk, hoekom so baie geld. Daar geld moet uitgedeel word, ek kort huis, ek kort kar. Nooit gedink daai geld is vir voorentoe dink, o ja vergeet ek nou ons dink nie vorentoe nie, net vir nou. Dus hoekom alles uit mekaar val.

Francois le Cochon ·

Hierdie jarelange verwaarlosing van Eskom is hoogverraad. Hoekom is niemand nog in hegtenis geneem nie?

Elizabeth ·

Jy is reg, Francois. Dis hoogverrad: Eskom is ‘n nasionale sleutelpunt. Tronk toe met die verraaiers, diewe en plunderaars!!!

Johannes ·

Hoogverraad… lekker giggel ek nou. As iemand van hoogverraad aangkla moet word is de klerk en sy maatjies.

Go to jail, directly to jail. ·

Eerste een agter tralies moet daai tranerige een wees, wat so in die Saxonwold shebeen gekuier het.

Werner ·

Dit is wat 25 jaar se verkiessings en demokrasie ons laat kry het nog n Afrika staat en almal dink hierdie verkiessing gaan dinge nou verander dink weer

Oud Rhodie ·

Hoc est Bellum – ek is bekommerd dat jy mag reg wees. Die SAPD en SANW kan nie onbeheersde anargie keer nie, dit weet ons. Wat gaan gebeur as die water nie meer uit die pype uit kom, as gevolg van geen krag om dit mee te pomp nie en die bevolking kom in opstand ?
Sonder elektrisiteit kan mens nog leef – nie sonder water nie…..

John ·

Hoekom is daar so baaaaie groot motors by malls en op vakansieoorde? Sekerlik moet sulke rykes ‘n inkomste hè. Hoeveel verlof kry party mense of word daar nie meer datum gehou nie. Almal doen soos hulle wil want almal cover vir mekaar. En die ANC is vir ewig besig om sy kiesers happy te hou. Dit vat lank om uit ‘n pot botter te kom… partykeer eeue.

Hammer ·

Gaan kyk almal wat by ESKOM en munisipaliteit werk se huise het nie beurt krag nie….
so by ons munisipaliteit gehoor… hulle huise se krag bly aan

Realis ·

Kyk Eksdom is goed maar nog nie so goed dat hulle individuele huise in ‘n woonbuurt se krag kan aanhou terwyl die res van die buurt sonder krag sit nie.

Dirk Breytenbach ·

Leer asb. om fopnuus te onderskei van feite. Kommentare soos hierdie laat die vyand lag.

Klip in die bos ·

Dit moet nog baie slegter in SA gaan, die speelveld moet eers gelyk gemaak word, daarna sal dit hopelik gelydelik beter gaan. Uit die swartsre modder groei die witste Leslie. Is dit nie wat die spreekwoord se nie?

Andre ·

Hierdie is net eenvoudig sabotasie en n verklaring van oorlog teen die mense van Suid Afrika.
Boervolk skrik wakker!!!

Michelle ·

En steeds se nie niemand niks oor Soweto nie!!!! Wanneer gaan iemand in hierdie verdomde regering iets daaroor se of daaraan doen??? Ons betaal om hulle krag aan te hou en sit self sonder krag. Pateties!!!

KaterinaKat ·

O ek het kommentaar gelewer oor Soweto maar dit was nie geplaas nie.

Andreas ·

Die nuutste per Fin24:

“Eskom CEO Phakamani Hadebe said the power utility had burned between 20- 25m litres of diesel by running the open cycle gas turbines as a last resort and there are no diesel stocks available in South Africa, except for cars and small utilities.

The power utility is expecting a shipment of diesel to be offloaded in the next couple of days and relieve the pressure on the grid towards the end of the week.”

Sue ·

Sorry Andreas. There is not gonna be any relief. They are thinking of phase 5 and 6. It is gonna get much worse. They want the full increase and this is why Eskom is cripling South Africa. They don’t care. Eskom just want more money.

Wind toring sprokie ·

Kom vertel ons net wat die doel is vir al die wind torings? Is dit ons toekomstige blomme of moet dit meer krag gee. Verder stel ek nie belang in die hele gemors nie. Volgende week bestel ek my eie een, dan kan Eskom sonder my paar sent aanploeg.

Skroef ·

Wie moet ons bedank? Die anc wat eenvoudig AA afgedwing het. Pleks van verkoop eskom krag direk aan die publiek, 1 kw, 1 prys of jy nou 80 gekoop het in Mamelodi of 8000 in Mountain view. Maak werk van die onwettige konneksies en as julle aangeval word, blaas die transformer wat hulle voer op.

Johannes ·

Skroef, ons is vir die verkeerde mense kwaad – die anc doen nou wat hy nog altyd woui: vernietig SA tot ‘n Afrika hool.

Ons moet eerder kwaad wees vir die liberales wat so graag met terroriste wou onderhandel… hoe sê hulle? madiba magic?

Dirk Breytenbach ·

Leer asb. om fopnuus te onderskei van feite. Kommentare soos hierdie laat die vyand lag.

Clyde ·

Ons is die selfde ons bly naby die lughawe en ons was ook nog nie af nie maar die mense so paar strate van ons af weg kry dit wel.

Mtubatuba Inwoner ·

Ek wonder net hoekom is dit net load shedding in ons dorp en op die plase, en in die swart woongebied (KwaMsane) is daar glad nie load shedding nie.

Blaarman ·

In ander areas is dit juis die townships wat sonder krag loop terwyl die “blanke buurte” krag het.

Erika ·

Die mense wat vir hierdie korrupte regering stem moet glad nie kla nie…want dit gaan net erger raak..geen krag volgende jaar glo my! ANC is verantwoordelik vir hierdie gemors in ons land (Eskom, hospitale, paaie, onderwys..ens..ens..ens..) hierdie goed gaan nooit beter word nie..en dan stem hulle wraggies weer vir hulle…dit gaan my verstand tebowe!!
Hulle regeer al 25jaar plus ons land en dit gaan net elke dag slegter en slegter!!!

Linda ·

Is die wind torings net versierings? Wel my eie wind toringtjie is op pad. Ten minste sal myne my kan help en ek kan Eskom groet. Eks keel vol

Annette ·

En as Eskom in sy geheel vou, in watse kanon in gaan ons land nie dan wees nie?

Hennie ·

Kom ons gaan uit ons pad om so min as moontlik elektrisiteit te gebruik. Sny tot die been toe. Eskom het ong 13,4% verhoging gekry by Nersa. Kom ons probeer ons bes om 25% minder te gebruik sodat ons Eskom kan wurg sodat die swart monster kan vrek. Vervang ligte met LED ligte. Sit ‘n tydskakelar op jou geyser. Vang ‘n 3-5 min stort. Ons kan dit doen mense. Kom ons gee EDKOM die hel wat hy gevra het!

Skroef ·

Wie doen dit nog nie? Gasstoof, sonpaneel geyser, oetril grassnyer….

Jack Sadie ·

Alida. Jy sê selfs ‘n graad een kind kan die probleme verstaan. In die bestuur van Eskom het al die mense van graad een tot graad twee gevorder. Ongelukkig was dit nie agv hul akademiese prestasie nie, maar hul ouderdom.

Jeremia ·

Die enigste towerformule is: Werk en nie rondsit en niksdoen vir vet salarisse en byvoordele met heeltyd partytjietyd nie. Beplanning. Kennis plus instandhouding. Enige leek met gesonde verstand weet dit al 1000de jare lank.
Meer as skandalig dat hierdie GELDVRETENDE BODEMLOSE PUT aan die gang gehou word. En miljarde rande steeds in die put gegooi word.
Dit is so goed mijarde rande word in hope gepak en aan die brand gesteek.
Soos iets in ‘n totaal absurde gekkeparadys. Ons word vir die gek gehou.

Kolle ·

Naar maar waar Jeremia. Soos iets uit ‘n baie slegte, baie low budget riller fliek ?

Peet J ·

Ek het verstaan dat Koeberg nuclear power station herstelwerk benodig en dat spesiaal opgeleide personeel daarvoor benodig word wat vanaf die buiteland bekom sou word dalk kan Koeberg nou net ‘n gedeelte van sy kragvoorsiening lewer of miskien vir veiligheid afgeskakel.

Harry ·

Peet J, waar kom jy aan hierdie twak stories? Koeberg het sedert sy laaste instandhouding tydens 2018 nog nooit afgeskakel nie en produseer maksimum kapasiteit krag!
Dis egter ironies dat die Kaap ook kragonderbrekings nou vir die eerste keer kry, want dit beteken dat Koeberg die arme patete in die die noorde van ons land moet uithelp, terwyl maar min krag daar uitkom weens groot langafstandkragveliese.

Sue ·

Die feit bly. Hulle wil die land dwing om te betaal wat hulle wil hê. Dit sal aanhou tot Nersa hulle die verhoging gee wat hulle wil hê. Tot dan gaan hulle alle verskonings gebruik, maar hulle soek ons geld.

Hannes de Kock ·

Eskom se “black out black mail” het toe gewerk!
Min Pravin Gordon gaan nou “noodfondse” beskikbaar maak. Lekker nuwe geld om verder te benu!. Intussen het Eskom nog niks gedoen om die bedrog van die verlede aan te spreek nie.
As Eskom soos ń sakeonderneming ontleed word. Hulle is bankrot. Verkoop die spul op ń veiling. Dan sal die nuwe base (Rusland of Shina) onslae raak van die hele spul onbekwame mense.

Pierre ·

Verskeie dinge gaan deur my gedagtes.

1. Eerstens twyfel ek of enige Minister, President, LP’s en noem maar op gebuk gaan onder die hel van beurtkrag, nee beslis nie want my bealsting verseker dat hy van die beste kragopwekkers het om hom aan die gang te hou en word die krag na sy of haar gebied seker so gehou dat hulle kan oorleef.

2. Die 2e gedagte in my kop is of hierdie hele proses nie deel is van ‘n groter sabbotasie poging is net om die land lam te le nie.

3. Om nou die verouderde staelsels wat uit die appartheid era kom die skuld te wil gee is maar net ‘n toonbeeld van onkunde, beslis was daar geld gewees om instandhouding te kon doen, maar nee die rampokkery en korrupsie en die Guptas wat iemand iewers beetgehad het waar dit seermaak het ‘n groter rol gepeel.

Nou wil ek weet wat nou, dit blyk die maklikste te wees om skouers op te trek en ons te dreig met beurtkrag, of te wel ‘n ” ‘n totale blackout”

Nou lees ek tussendeur dat die ANC gaan meer as 61% van die stemme kry, beteken dit dan dat die land die regering se onbereidheid en onbekwaamheid goedkeur. Sodra hulle al hierdie stemme verwerf het, gaan dit net nog slegter raak.

LS ·

Mense dit help niks om te skreeu of baklei nie. Oor n paar jaar gaan ons slegter daaraan toe wees as Uganda en al die ander verhongerde Afrika state. Ons stuur af op n ramp erger as in Zimbabwe. Comrades is aangestel in poste waar jy hoogs kundige mense nodig het sonder dat hulle n dag se ondervinding of opleidig het. Tel hoeveel ministers weet iets van sy of haar pos. Bitter, bitter min. Nou, wat verwag ons ?

Gert J ·

Met BEE was daar niemand om vir hulle te se wanneer moet die onderhoud gedoen word nie. Die soustrein was te lekker. Niemand het hulle gese om hulle kommensense te gebruik nie. Shame arme patetiese goed

Elvira ·

Ek verlang terug na die dae toe daar nie bedelaars op straathoeke en sypaadjies was nie. Toe jy nog geld of koepons in n bottel by jou hek kon los en melk en lemoensap afgelewer gekry het. Gewag het vir die posman. Brandstof bekostigbaar was. Geen kragonderbrekings was behalwr wanneer daar n sterk storm gewoed het nie. N mens nog water uit jou krane kon drink. Jy mense kon vertrou. Min of geen misdaad was nie. Regering hulle beloftes nagekom het. Staatskas nog vol geld was. Daar werk vir almal was. So kan die lys aangaan en aangaan. Dankie tog eks nou oud en sal hopelik nie meer hier wees as alles deur die ANC en Malema vernietig is nie. Kan nie meer te lank wees nie.

Andreas ·

Elvira, wat ‘n mooi naam, ek noem jou soos jy dit hier bo het, ek het oneindige respek vir jou en jou waardes, jou getuienis, mag ons nooit ooit dit wat vir ons dierbaar is en waar ons vandaan kom vergeet nie.

Baie van ons staan in die oggend op, gaan slaap in die aand en dan ken ons nie eens die Onse Vader nie.

En vir my? Nog so ‘n klomp jaar waarna ek nie uitsien nie.

Boerboel ·

Stem saam Allie, hoe begin Anargie? As daar nie meer Kos is, water, krag en brandstof!
Dit lyk nie goed nie en met die winter op hande sien ek groot probleme kom, Ek dink ESKOM moet hulle naam verander na DARKCOM, want ons sit net in die donker !

DNS-genoom ·

“Ons eis gratis land, ons eis gratis huise, ons eis gratis universiteitsopleiding, ons eis bestuursposte, ons eis gratis water, ons eis gratis elektrisiteit, ons eis gratis dit en ons eis gratis dat”. Die ANC se South African National “Democratic” Society Animal Farm: ‘n land met ‘n klein skatryk almagtige Elite, maar ‘n land met ‘n stemvee van oningeligdheid, onkunde, werkloosheid, armoede, hongerte, en met ‘n DNS-kultuur van demand en entitlement. ‘n Land waar almal gelyk is maar sommige gelyker as andere.

Tanya ·

Iemand het al weer die acc leeg getap. Bay bay South Africa. Hello darkness

Johanna Botha ·

Dankie anc …geen redingsboei gaan julle uit die ramp haal nie ….anc het sa opgemors ….NIKS WERK NIE ! Ek is skaam om n SAner te wees

Ekke ·

Geen instandhouding nerens nie. Een van die dae is die water ook klaar. Dit het die ANC nie lank gevat om hierdie hele land op te flop nie.

Blaarman ·

Jammer, Boere… Julle was toe al die tyd reg!

– Geskiedenis

Sinies ·

Mnr Gordhan, was U minister van Finansies?
Is daar daar waarborge ten behoewe van Eskom deur die Dept van Finansies onder U toesig uitgereik?
.
Is U n kommunis?
.
Moet ons nie vir Gekke uitmaak nie, jy is volledig deel van die probleem.
Dalk is U n idealis, maar dit maak U nie minder deel van die probleem nie.

Blaarman ·

Om welke rede steur ons ons nog aan hierdie regering se beperkings?

Dalk het die tyd gekom om hulle op alle fronte te boikot?

Koos ·

Wel, soos Mpetwe, my werker vertel, hulle krag daar anderkant in Tembisa bly aan, en so ook sy suster en broer in Mamelodi en duskant Katlehong – want die ANC kan nie bekostig om hul te ontwrig voor die verkiesing nie. Eenvoudig soos dit. Maak dit ‘n “DA-wyk” probleem, en die gepeuepel is rustig. Nou ja. Afrika het sy dinge ne.

Eddie ·

Die regte ding sal wees dat die saak op 8 Mei by die stembus beredder sal word MAAR die massa volg soos skape en die situasie sal dus nog vir baie jare voort duur !!!

Buite Stander ·

Volgens Ipsos se jongste syfers sal die ANC 61% van die stemme ontvang. So, daar is nie veel hoop nie, net meer van dieselfde.

mary ·

Wel, ek hoop net vir die agbare minister se part daar gaan nog besighede oor gaan wees wat oor twee(2) weke na die volgende reeks verskonings gaan luister, want volgens berigte op News24 maak Eskom hul reg vir Fase 5 en 6., en later in die jaar soek Eskom addisionele verhogings weens verlies van inkomste weens die huidige situasie.
Die hanteering van die Eskom sage is ‘n baie goeie aanduiding wat gaan gebeur die dag as ‘n groot ramp Suid-Afrika tref.

Eben ·

Ek het aan ekenome en tesourie voorgestel dat daar vinnig plan gemaak moet word met agterstallige munisipale rekeninge om geld te bekom. Eerstens moet belastingbetalers, wat hulle munisipale rekeninge gereeld betaal en nooit agterstallig is nie, vergoed word met inkomstebelasting kortings. Die wat nie hul rekening betaal nie moet hoog aangeslaan word op inkomstebelasting. Daar moet net ‘n wil wees om die probleem op te los en die skuldiges laat boet.

Die beskerming van ESKOM is ‘n baie slegte idee. Eerstens wek hul elektrisiteit op teen mees ondoeltreffende wyse. Die alleen reg om krag op te wek gee vir ESKOM ‘n getekende tjek om te doen wat hulle wil. ESKOM word misbruik deur die ANC en dit sal aanhou solank hulle aan bewind is.

Verder stel ek voor dat elke persoon plan maak en sonpanele en gas stowr en geysers te installeer.

Sterkte in donker SA.

WILLEM ·

Uiteindelik kom die regering agter dat:-
1) Onderhoud betyds gedoen moet word – by alle staats instansies.
2) Vooruit beplanning is van kardinale belang
3) Implementering van bogenoemde is van uiterste belang!
4) Kundige aanstellings was nie gemaak nie
MAAAR:
1) As die regte aanstellings (kundiges) nie gedoen word nie, kan geen sukses behaal word nie
2) Geen skuld moet toegelaat word nie.
3) Hoekom word munisipale skuld nie ingevorder nie?? Seker om pelle te vrede te hou??
4) Weereens geen bestuur nie!!!

Gert Nortje ·

Asb Gordhan, daar is so bsie op sosiale media oor die krag situasie in Soweto Al wat ons vra is n eerlike antwoord:1) Wat is Soweto se agterstallige Eskom rekening? 2) Wat is hulle beurtkrag skedule(Indien enige). Wees asb eerlik met die burgers van die land om enige onduidelikhede uit die weg te ruim As ene Gordhan nie die versoek lees nie, kan dit asb deur iemand aan hom oorgedra word

fred ·

hulle verskonings is nou dat die kragsentrales oud is…hierdie sentrales lewer nog altyd krag omdat hulle goed ontwerp,gebou en onderhoue was gedurende die die “apartheid”regering….waar is die nuwe dure twee Medupi en Kusile? Swak ontwerp en gebou…lewer nie genoeg krag nie…

Henk ·

Maar lesotho botswana zimbabwe kry by ons krag teen laer tariewe as wat ons betaal. Groot fabrieke kry krag feitlik verniet. Die voorheen benadeeldes betaal minder vir krag as ons en boonop betaal hulle nie btw op krag nie, maar ons wit mense moet betaal!!!

jaco ·

Dit hang af van waar jy woon. Ek bly in ‘n buurt wat so 45% swart is en almal betaal dieselfde tariewe vir elektrisiteit. En ONGEAG ras betaal almal BTW op elektrisiteit.

Boerin ·

Dis reg. Laat als in mekaar tuimel. Die hele SA. Dan kan ons dit skoonmaak, terugneem, en herbou. In vrede.

Mariana ·

Ek sien mense beveel aan dat sonpanele opgesit moet word, maar so baie van ons het eenvoudig nie die fondse vir so iets nie. Ons bespaar reeds met gas en LED ligte en stort die minimum tyd. Oral moet mens sny en net die nodigste koop. Alles om net daaglik te oorleef. Die land gaan ten gronde en die regering wil dit so hê. En wanneer die ergste gaan gebeur vlug die “fat cats” heel eerste land uit. Ons sit en wag op die ergste. Hoe stop mens die weghol trein na niks? Baie idees maar enigste opsie is dat die ANC moet weg sodat die pad na herstel kan begin. Hulle het als in algehele verrotting laat verval en Eskom is maar net een van die bloedsuiers en waarnatoe is die geld, reguit na die ANC toe. Is mos hulle mense wat by Eskom die stoele warm sit…..en in April kom daar nog staking ook. Nou will Eskom NOG geld uit die publiek suig en weereens word hulle die reddingsboei op skinkbord gegee. Betaal en aanhou betaal.

Wielspore ·

Die meerderheid Suid Afrikaners weet wat is die oorsaak van die probleme by ESKOM, die vraag is, wat is die pad vorentoe.
Ons wek ook self krag op as ‘n privaat instansie en deur ESKOM se boelie bedryf en verkeerde landswette is en was ons nog altyd beperk met die hoeveelheid krag wat ons in die netwerk mag sit. Ons het ook al tube leaks gehad en personeel het 24 uur gewerk om die fout te herstel en gewoonlik was die probleen binne dae opgelos.

KrokodilBotha ·

Mense dis n bol tjorts. Dit sal nie verbeter nie. Die week , n maand , n jaar. Dis n glibberige afdraende. Wees voorbereid, jy kan niks glo wat kommuniste, liberale jou vertel nie. Die land gaan brand.

HV ·

Veel geluk Gordhan, nou weet jy wat miljoene saners nou al vir n dekade lank weet, nl swak of geen instandhouding.
ESKOM is n nasionale sleutel instansie. Die verantwoordelikes moet vir hoogverraad aangekla word, in die ou dae was die straf hiervoor die doodstraf.
ESKOM is vir my n verpersoonliking vir dit wie en wat die ANC is. Die jamerte is net dat nogsteeds sal omtrent 50% van die kiesers vir hulle stem. Dit sê vir jou wie en wat hierdie mense is.

Ken ·

Hier’s my vraag. Hoekom aanvaar ons als wat tans in die land aangaan?? Ons hou aan betaal, ons ja en amen vir die ANC en doen niks! Baie geduldige nasie, dalk te veel so…..

Wonder Maar Net ·

Mens kyk na almal se raad ens, maar wat doen n mens? Sluit mens by n organisie bv die Suidlanders aan?

jaco ·

Ja. Dan vlug jy na die Spar in Heilbron. Dis een van hulle versamelpunte vir die dag wanneer alles platval in SA.

Willem Grobler ·

Nou skielik is dit “verouderde” infrastruktuur elke keer as een van hierdie breinspesialiste se mond oopgaan maar die eintlike ding is die gebrek aan onderhoud. Selfs ‘n trapfiets het onderhoud nodig – wat het hierdie ontplooide kaders gedink? Al wat hulle gedink het is hoe om méér geld in hul eie sakke te kry en ek is bereid om te wed dat nie een van hulle vervolg sal word nie. Die ANC se parlementêre lys wys duidelik dat dieselfde spul rowers steeds in beheer gaan wees.

SeMaarNet ·

Goeie dag maroela media, kan jul nie bietjie navorsing doen, bv. hoeveel ure is Soweto bv. af gedurende hierdie tye nie, en ook watter tye van die dag? En so ook sommer vir interresantheid, verskillende dele van die land.

Liesel ·

Ramaphosa het dan maandag gesê hy is “confident” die krisis sal binne 3 dae opgelos wees…dan wonder ek hoekom mors hy enigsins nog sy asem om heeltyd so n klomp … te praat.

Liesel ·

As jy iets vir 25 jaar nie onderhou nie is dit verouderd en gaan jy later met jou vinger in jou oor sit. Maar ek dink dis heeltemal bo die outjies se vuurmaakplek

Wielspore ·

Die mense wat so kla oor woongebiede wat onwettige kragverbindings het, mense dit gaan nie die ESKOM probleem oplos.
ESKOM lewer tans net sowat 50% van die kragopwekking potensiaal, dit beteken as hy net al sy toerusting in werkende toestand kan kry en betroubaar is dan kan ESKOM krag uitvoer.
Dit help nie mens kibbel oor die roof verbruikers, dit is so ‘n klein persentasie van die totale kragopwekking.

P G Slabbert ·

By ons word daar meer as die sg. 5 jaar geen onderhoud gedoen . Spoeg en plak ,as iets breek . Wat het hierdie derduisende sg. onderhouds werkers dan gedoen ? Werkskepping ; waaroor die kaders so trots is !

Jerry ·

My vraag aan die bestuur- nou waar is die geld en kennis dan heen. A Company as strong as the Top Management.

George in Bloem ·

Ja swaer.Die einde kom nou al hoe vinniger nader……

Karlahari ·

Ek sal graag wil weet wat die werklike krag lewering van Eksdom in 1994 was teenoor wat dit nou is.
As jy analise van die probleem gaan doen sal jy sien dat regstellende aksie die grootste probleem was.
Hoeveel beter af sou die land nie gewees het my kundige mense in senior poste nie.

Anoniem ·

Eskom en die ANC skuld ons ‘n verduideliking: wat het hulle gedoen met die biljoene rande wat in minder as een jaar aan Eskom gegee is???

Johannes ·

Die anc skuld ons ‘n verduideliking? HAHAHAHAHAHAHA! Nee pêl, de klerk en sy liberale maatjies skuld ons ‘n verduideliking. O.A. wat het van die 2de referendum geword?

Mel ·

Dan ry jy in polokwane dan sien jy ook hoe brand die stadion se ligte dag en nag

Pottie ·

Skrap eskom en maak die land, ONS LAND oop vir privaat kragvoorsienners sodat ONS n keuse het wie ons wil ondersteun in terme van kragvoorsienning. Maar nee hierdie sal mos die bodemlose put van korupsie laat opdroog!

Hartseer om n land so te sien in een stort. Hierdie gaan massa werkverlies tot gevolg he.

Pamela bornman ·

KAN SCOM ONS HANTJIE BOERE NET HELP MET GROOT GENERAITOR ASB OM ONS OESTE NAT TE HOU ASB MY NO IS 0606317189 DANKIE

Chris Ws ·

Escom het nie genoeg opwekkeings kapasiteit vir Suid Afrika nie maar wat van die krag wat hulle aan die buurlande om ons voorsien?Sny hul krag tot dinge by Escom verbeter het maar hou Suid Afrika aan die gang!
Dis ‘n onnoselle spul daai in die Escom Raad!Hulle hoort almal ge-fire te word!

Andre ·

Die man lieg net soos al die ander, hulle is kop in een mus. Ek kan net dink hoe gaan die land oor 8 jaar lyk, alles gaan vergaan en almal gaan arm wees. Dankie julle useless ANC mense.

Harry ·

Hierdie kragonderbrekings is lankal vooraf beplan om te gebeur, ten einde die land te destabiliseer, sodat grootskaalse onrus en burgeroorlog kan uitbreek. Daarna behoort SA gereed te wees om deur die nuwe wereldorde (NWO) oorgeneem te word.

Anoniem ·

En hierdie hele petalje met kragonderbrekings bring my elke slag tot by die dieselfde gedagte oor en oor: 20/30 JAAR TERUG WAS DINGE DAREM MAAR SO ANDERS……..
FW de Klerk, dis eintlik heeltemal sy skuld dat ons pragtige land so weggegee is en in die GROND IN bestuur is

honourable member ·

Die oplossing is daar maar julle verkies om die nie raak te sien nie. Daar is hoeveel kundige blankes wat die nodige kennis en kundigheid het om hierdie probleem op te los maar omdat julle nou blankes haat sal julle nou eerder die hele land sink as om nou maar terug te staan en kundige mense aan te stel. Ons kan almal baatvind daarby. Vergeet net vir een oomblik van kleur en ras en wat ook al en los saam die probleem op. Julle vernietig hierdie land julle bou niks op met hierdie houding nie…… Julle verloor julle steun onder julle massas hoor hulle is glad nie impress met hulle party nie .

Pieta ·

Loadshedding se naam moet verander. Dis ZUMA DARKNESS. Zuma have put South Africa into Darkness.

Attie. ·

die afgelope vyf jaar te min geld spandeer aan instandhouding…nonsens… dit moet lees die afgelope 25 jaar. Die ANC se woordeboeke het nie ‘n woord vir ‘instandhouding” nie.

Zumie ·

Eskom-SAL-SABC ens ens ens ……… Sien ons al ‘n patroon?
Stop die lorrie – die drywer is dronk….

Pietie ·

Problem Eskom het uit fondse gehardloop.
Daarom Al die verskonings!!
Die geld is weg……
Te veel handjies het hande gehou.

Johan Coetzer ·

Wat my interesseer is dat Beurtkrag nie na my kennis konstant in alle areas toegepas word nie. Bronne op die grond beweer dat Beurtkrag in sommige areas soos Bothaville nie toegepas kan word nie omdat daar as gevolg van die toestand van die substansies gevrees word dat die substansie nie Beurtkrag sal kan oorleef nie. Hoeveel areas beleef nie Beurtkrag nie omdat die infrastruktuur nie in staat is om dit te oorleef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.