Beurtkrag Sondag effe laer  

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Beurtkrag sal vandag (Sondag) om 12:00 na fase 4 verlaag word en tot Maandag om 05:00 geld.

Eskom sê die instelling van fase 6-beurtkrag oor die afgelope paar dae het gehelp om noodreserwes by pompopgaarfasiliteite en oop gasturbine- kragstasies aan te vul.

Fase 3-beurtkrag sal Maandag om 05:00 in werking tree.

Die kragvoorsiener het Sondag gesê hy het tans 15 386 MW se opwekkingskapasiteit beskikbaar, terwyl 5 617 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

Ongeveer 2 500 MW se opwekkingskapasiteit sal na verwagting teen Dinsdagaand weer tot die kragstelsel gevoeg word.

“Eskom-spanne werk onverpoosd om te verseker dat opwekkingseenhede sou gou moontlik weer in diens gestel word.

“Eskom voorsien vanaand [Sondagaand] ʼn aanvraag van 25 989 MW. Ons sê dankie aan diegene wat krag spaarsamig gebruik soos om geysers en swembadpompe tussen 17:00 en 21:00 af te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

hpven ·

Privatiseer Eskom! Haal en hou dit uit die kloue van die ANC se diepsakke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.