Beurtkrag Sondag toegepas ‘om reserwes op te bou’

Argieffoto

Argieffoto

Kraggebruikers sal hulle moet staal vir ʼn lang dag sonder elektrisiteit Sondag.

Eskom het in ʼn verklaring gesê fase 2-beurtkrag is om 08:00 Sondagoggend ingestel en sal tot 22:00 toegepas word.

“Dit is weens ʼn verhoging in die vraag na elektrisiteit en ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit,” het die kragvoorsiener gesê. “Ons sal ook hierdie tyd gebruik om reserwes vir die komende week op te bou.”

Eskom het beklemtoon dat enige onverwagte veranderinge op die kwesbare en beperkte kragstelsel tot beurtkrag op kort kennisgewing kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boesman ·

Ek verstaan nie. Elektrisiteit word mos nie gestoor nie, so hoe kan reserwes opgebou word?

Peet Schabort ·

Jy is reg Boesman maar Eishkom dink die verbruikers het kortsluitings tussen die ore. So kom ons maak maar asof ons hulle glo. Ook moet hulle nie die stoorplek bekend maak want dan sal die krag ook daar gesteel word.

Bruno Stef ·

Eksdom woordvoerder ASB .Daar is n spreekwoorde wat se ( In die land van die blindes is ou eenoog die koning ) of ( Skoenmaker hou jou by jou leus ) as n mens bostaande die opskrif tussen aanhalings tekens lees.

Bruno Stef ·

Boesman net so vir die inligting kan gelykstroom in n batterye gestoor word maar wisselstroom wat landwyd in die stelsels versprei word vanaf kragstasies met baie hoe spannings wat geleidelik in spanning verminder word om by die huishoudelike van 230V uit te kom vir verbruik. Gelykstroom het nie die kapasiteit en vermoe AGV tegniese redes om die selfde werksverrigting as wisselstroom te he nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.