Beurtkrag Sondag toegepas

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het Sondagoggend beurtkrag begin toepas.

“Eskom sal van 07:00 tot 22:00 vanaand fase 1-beurtkrag toepas weens ʼn tekort aan opwekkingseenhede en lae reserwevlakke by ons pompopgaarskemas en oopsiklus-gasturbines,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Dit is belangrik om daarop te let dat Eskom beurtkrag toepas as ʼn noodsaaklike maatreël om die kragnetwerk te beskerm en te verseker dat instandhouding gedoen word sodat betroubare voorsiening van elektrisiteit op lang termyn volgehou kan word.”

Eskom het Saterdag van 07:00 tot 22:00 fase 2-beurtkrag toegepas.

Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang, kan die beurtkragskedule hier sien. Gebruikers wat deur hul munisipaliteit elektrisiteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Berhalet Beukes ·

‘n Mens sou dink dat Eskom ‘n bietjie ruggraat sal kry en ophou verskonings uitdink vir ‘n totale tekort and bestuursvernuf! Na al die lenings en tarief verhogings is daar steeds geen verbetering en van ons word verwag om stil te bly en te aanvaar dit is nou maar só! Dis regtig ‘n skande dat ons land so pateties is!

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek sal dit aanhou se : Privatiseer vir Eskom en laat dit deur kundiges bestuur word. Fire die klomp fat cats asook die stakende werkers wat deur kaderontplooing al genoeg skade aangerig het.Ek hoor juis gisteraand hoe bang een of ander kommunis op radio verklaar dat hulle Eskom se privatisering sal teenstaan want hulle weet dan sal hulle behoorlik vasgevat word.

CHRISTA ·

Eskom se bestuur moet vergoeding ontvang volgens hulle prestasie – as hulle Eskom nie suksesvol kan bestuur nie verdien hulle nie hulle vergoeding nie!!!

dries ·

Ek het verby Hammanskraal gery na Warmbad. Die ligte volgens my skating 100 mas ligte wat brand in die middel van die dag. Met my terug keer 2 weke daarna toe brand die ligte ook die middag. Mas ligte het het n paar ligte wat saam brand.

GERRIT ·

het mense al gevra wat is die vergoedings pakkette wat almal by Eskom kry. Hoeveel geld word verkwis om hul werkers daagliks van kos te voorsien, Almal in die land moet maar opdok en is halfpad vrek van die honger agv die onbetaalbare duur kommiditeite, maar die Fat Cats lewe soos konings. daar sit bestuurs kader wat salarisse verdien waaroor die mensdom maar net kan droom. ongelukkig is die feit van die saak dat meeste op dees aarde niks beteken nie en sit net en wag vir hul volgende vet beursie.

Christie Joubert ·

“Eskom het Sondag oggend begin beurtkrag toepas” Eskom pas nog die hele tyd beurtkrag toe!!
Om dit erger te maak; Ons in Sinnoville PTA, is op n nuwe skedule(wat glad nie ooreenstem met die skedule op hulle website nie) SOWEL as die ou skedule, wat ons nog altyd op was!!
Ek weet nie of ander mense dieselfde probleem het nie, maar magtag, man! Voorheen kon mens darem beplan, nou kan dit enige tyd gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.